Bobby Van Jaarsveld



MY NAAM IS BOBBY VAN JAARSVELD

Bio

Bobby (Bobbles) van Jaarsveld (6 Maart 1987), is 'n Afrikaanse sanger en akteur. Van sy treffers sluit in: Spieëltjie en Waar is jy.Van Jaarsveld speel 'n hoofrol in 'n Ster-Kinekor rolprent, Liefling, wat in 2010 vrygestel is.

Sy suster Karlien van Jaarsveld is ook 'n sangeres in eie reg.Pieter van Jaarsveld is op 6 Maart1987 in Paarl, Suid-Afrika, gebore. Hy het die bynaam Bobby by sy pa gekry. Hy is die middelste van 3 kinders (sy susters is Karlien en Cara).
Bobby was in 7 verskillende laerskole, waarna hy sy hoërskoolloopbaan by die Hoërskool Brits begin en voltooi. Hier neem hy aan talentkompetisies deel en ontwikkel 'n liefde vir die musiekbedryf. Hy slaan sy eerste CD-kontrak in Graad 11 los, en sy eerste soloalbum word vroeg in sy matriekjaar uitgereik.Hy is op 7 Januarie 2011 met sy skoolliefde, Annatjie Rheeders, in die eg verbind. Hulle het twee seuns, Sion (gebore 24 Oktober 2011) en Leben (gebore 20 Desember 2012





 
Persoonlike inligting: Bobby is gebore op 6 Maart 1987 in die Paarl.
Sy doopnaam is Pieter. 
Hy het die bynaam Bobby by sy pa gekry.  Sy pa se naam is Bob.
Bobby woon tans in Centurion.
Familie: Bobby is die middelste van 3 kinders – hy het 2 sussies – Karlien en Cara.
Sy pa, Bob, woon in Witbank en ma Ronel in Hartbeespoort.
Skoolloopbaan: Bobby was in 7 verskillende laerskole (sy pa het baie verhuis vanwee sy werk).
Bobby was net in een hoërskool,  Hoërskool Brits waar hy matrikuleer het.
Hy het hokkie gespeel op skool en was ook ‘n leier in sy matriekjaar.
Gunsteling kossoorte: Pasta, Sushi, Fillet steak en KFC.
Gunsteling kleur: Groen
Troeteldiere: Bobby is baie lief vir enige diere.
Een van sy troeteldiere op skool was ‘n slang.  Darem nie ‘n giftige slang nie. 
Hy het later ook vir hom ‘n iguana aangeskaf.
Sy gunsteling hond se naam was Baboo en hy was ‘n baie stout wire hair terrier.
Gunsteling vakansieplek: Bobby hou graag vakansie in Sodwana.
Wat hy sou doen het as hy nie gesing het nie: Hy sou 'n veearts geword het.
Vryetyd: Bobby hou daarvan om te gaan fliek en is mal oor popcorn.
Hy is ook altyd besig om nuwe liedjies te skryf in sy vrye tyd.
Musiekloobpaan: Bobby het op hoërskool aan talentkompetisies begin deelneem en daar het sy liefde vir die musiekbedryf begin.
Hy het sy eerste cd kontrak in Graad 11 gekry en sy eerste solo cd is uitgereik vroeg in sy matriekjaar.
Daarna het hy professioneel begin optree.




Eksterne skakels



WEB PAGE TITLE GOES HERE

 



 


 

 

 

 

 


 

 

 




 



 








Bobby het tot op hede 'n reeks pryse ontvang vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek

Jaar Beskrywing Prys
2015 Ghoema Toekennings Beste Pop-Album deur 'n Manlike Kunstenaar - Maak 'n Wens
2015 Ghoema Toekennings Manlike Kunstenaar van die Jaar
2015 Ghoema Toekennings Album van die Jaar - Maak 'n Wens
2014 Ghoema Toekennings Beste Musiekvideo - EENS IN ‘N LEEFTYD met Riana Nel
2014 Huisgenoot Tempo Toekennings Liedjie van die Jaar
2013 Ghoema Toekennings Beste Musiekvideo: ‘n Vrou Wil Dit Hoor
2013 Ghoema Toekennings Beste Manlike Kontemporêre Album: Wat Geld Nie Kan Koop Nie
2013 Ghoema Toekennings Manlike Kunstenaar van die Jaar
2013 Ghoema Toekennings Liedjie van die Jaar: ‘n Vrou Wil Dit Hoor
2013 Huisgenoot Tempo Toekennings Album van die Jaar - Wat Geld Nie Kan Koop Nie
2013 Huisgenoot Tempo Toekennings Musiekvideo van die Jaar - ‘n Vrou Wil Dit Hoor
2013 Huisgenoot Tempo Toekennings Liedjie van die Jaar - ‘n Vrou Wil Dit Hoor
2012 Ghoema Toekennings Liedjie van die Jaar: Kan Ek Met Jou Praat
2012 90.6 FM Stereo Toekennings Top 15 Kunstenaar
2012 Huisgenoot Tempo Toekennings Mees Gewilde Manlike Kunstenaar
2011 MK Toekennings Beste Solo Album: Net Vir Jou
2011 MK Toekennings Beste Kontemporêre Liedjie: Spieëltjie
2011 Huisgenoot Tempo Toekennings Mees Gewilde Manlike Kunstenaar
2011 Jacaranda 94.2 Toekennings Mees Gewilde Manlike Kunstenaar
2010 KykNet DKNT Gunsteling Kunstenaar vir 2009
2010 SAMA Toekennings Beste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net Vir Jou
2010 Huisgenoot Tempo Toekennings Beste Afrikaanse Liedjie: Spieëltjie
2010 Huisgenoot Tempo Toekennings Beste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net Vir Jou
2010 Vonk Toekennings Beste Manlike Kunstenaar
2010 Vonk Toekennings Beste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net vir jou
2010 Vonk Toekennings Beste Oorspronklike Liedjieskrywer
2010 Vonk Toekennings Beste Afrikaanse Liedjie: Spieëltjie
2006 Huisgenoot Tempo Toekennings Beste Nuweling


  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden