Elizma Theron



My Naam is Elizma Theron

Elizma Theron is 'n Afrikaanse sangeres en aktrise.


Gebore in Bethlehem in die Vrystaat, maar begin en voltooi haar skoolloopbaan in Kuruman, Noord Kaap.
Reeds op twee jarige ouderdom is sy lief vir sing en sing sy, tydig en ontydig die enigste liedjie wat sy ken. Dit is ‘n ou liedjie, “Gaan kyk wie klop daar Jannie.” wat die verhaal vertel van die smart van ‘n boere gesin tydens die Anglo Boereoorlog. Haar vermoë om noot te hou en met gevoel te sing, het toe reeds mense verbaas.
Op twaalfjarige ouderdom neem sy aan ‘n plaaslike sangkompetisie, vir Hoër-en-Laerskoolleerlinge, deel en sy wen dit met die liedjie “A whole new world.” Hierdie liedjie se titel het vir haar waar geword, want ‘n heel nuwe wêreld het vir haar oopgegaan.
Twee jaar later neem sy deel aan die landswye sangkompetisie, “Reik na die Sterre” en word deur CJ de Swart in die tydskrif Keur, spesiaal vermeld vir haar “kommersiële trefkrag”
Deur gereelde plaaslike optredes kry sy geleentheid om haarself as sangeres te slyp.
Sy hou egter nie net by sang nie, want in haar graad 9 en 10 jaar besoek sy Italië en Griekeland vir modelwerk. Na sy matriek aan die Hoërskool Kalahari voltooi, begin sy die Elizma Theron Kultuurskool, waar sy klasse aanbied in moderne danse, modelwerk en sang.

HAAR LOOPBAAN AS SANGERES

Begin 2005 voel sy dat sy gereed is om ‘n professionele sangeres te word. In die tyd skryf sy die liedjie “Lapaside” wat later die titelsnit van haar eerste album sou word. Die lirieke van hierdie liedjie is sprekend van haar self-motivering om die sprong van die bekende na die onbekende lewe as sangeres te maak.Die baie bekende Dennis East neem haar eerste album, “Lapaside” op waarna die plate-maatskappy Next Music die album by haar oorneem en haar ‘n platekontrak aanbied.
Elizma Theron die professionele sangeres word “gebore”.Verskeie liedjies op die album, maar veral die titelsnit “Lapaside” word deur verskeie radiostasies gespeel en beland dit op die Top 20 van verskeie radiostasies. Haar musiekvideo van “Lapaside” bereik by ‘n paar geleenthede die nommer 1 posisie op die program 6@6 op MK89.
Gedurende Januarie 2007 verskyn sy op “Dis hoe Dit is met Steve” en in Maart 2007 begin Elizma Theron, Adam Tas, Beeskraal, Mel Botes en MD Greyling, in samewerking met Solidariteit die “Stop die moorde-toer” met die doel om fondse in te samel vir slagoffers van plaasmoorde en om die fokus te plaas op die ongesonde hoë geweldsmisdaadsyfer in Suid-Afrika.
Elizma Theron se loopbaan neem ‘n baie opwindende wending toe sy gedurende die tweede helfte van 2007 aansluit by die dinamiese plate-maatskappy, Select Musiek en is sy tans besig om haar tweede album op te neem. Met hierdie album wag daar beslis ‘n verrassing vir die ondersteuners van Elizma Theron.


  • Booking Agent
    Top Star Management - 012 751 5005 / 6 Email:info@topstar.co.za

www.elizmatheron.co.za







 

 



 

 






 

 

 

 

 

 

 

 






 

 


 

 









  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden