Jay



MY NAAM IS JAY

Popmusiek gaan oor innemende en melodieuse storievertelling – ’n spasie waarin JAY tuis voel en beïndruk.

Hy is al vyf sterk jare in die solo-veld en sy nuutste en 2de solo-album, #DisHoeOnsRol, het stilweg en selfversekerd kort ná uitreiking platinum status behaal vir verkope van meer as 40 000 eenhede.

Platinumstatus is waar JAY sy beste werk doen. Sedert hy in 2010 op sy eie paadjie vertrek het,
eggo JAY se rekordsukses, ná Eden, in elke projek wat hy aanpak. Of dit nou die indrukwekkende versameling duette met Lianie May is, of die polsende ritmes, stemkwaliteit en bindende lirieke van sy eie materiaal, JAY se perfekte balans van melodie waarborg weereens sukses, snit vir snit, op sy
langverwagte tweede vollengte solo-album.

Enige JAY aanhanger sou waarskynlik sê drie jaar was baie lank om te wag vir #DisHoeOnsRol,maar diegene ná aan die man wat dit gemaak het, weet dat geen opname naby die kruin van die trefferlyste kom of platinumstatus behaal as dit nie die beste is wat hy en sy medeskrywers Ewald Coleske, Johan Oberholzer en Christoph Kotzé in pop-perfeksie kan omskep nie.

“Dit was verstommend om met Christoph te kon werk,” sê JAY van #DisHoeOnsRol se skryf-,opneem- en produksieproses. “Hy’s jonk en dinamies, en sy energie is aansteeklik. Om so saam te werk het my regtig gehelp om dit wat ek doen tot ’n nuwe en baie meer gevorderde vlak te verhef.”

Een van die vele hoogtepunte wat JAY se tweede solo-aflewering so betowerend maak, is sy duet met niemand anders as Steve Hofmeyr nie – ’n droom wat bewaarheid is op ’n magdom vlakke. Sal Ons Ooit Weer Kan Slaap onderstreep die aktualiteit van #DisHoeOnsRol. Die regte lewe in Suid-
Afrika is waar JAY eerlike opregtheid uitsoek en trefferwaardig maak, as ’n geskenk vir aanhangers van meervlakkige, vooruitstrewende Afrikaanse pop waarop ons almal trots kan wees. “Om uiteindelik ’n lied te vind wat die duet met Steve moontlik gemaak het, was ’n hoogtepunt,” bevestig
hy. “Dis ’n lied wat al jare lank in die pyplyn is, en wat die swaarkry van die Afrikaner aanspreek.

Dit was ’n merkwaardige 17-jaar lange reis wat JAY gebring het tot waar hy vandag tuis is. Ná 12 van hierdie fenominale jare as een deel van die groter geheel van Eden, het hy gedurende die afgelope drie jaar sonder begeleiding gevlieg en ook een van die mees suksesvolle duet-albums wat hierdie land in dekades gehoor het, vrygestel. “Die treffer wat ek aan Lianie May se sy geniet het met die vrystelling van Bonnie en Clyde, het beteken dat enigiets anders, insluitend #DisHoeOnsRol, op langverlof geplaas is,” verduidelik hy met ’n verskonende glimlag.

Om op te maak vir die gaping tussen die aflewerings, is die nuwe album propvol ekstras. Voeg hierby die Bloubul-pleidooi Bulle, Bring Die Beker Huis Toe, die nuutste Eden-treffer Superhero en die Lianie May duet Bonnie en Clyde, en die oorblywende 10 snitte op die deeglik oorweegde
versameling, maak dit die wag werd. “Dit was ’n besige tyd,” erken JAY.

“Ek belê ten volle in elke aspek van dit wat ek doen, en #DisHoeOnsRol is vir my net so ’n groot belegging as wat 2010 se Solo was. “Ek weet waar my sterkpunte lê,” verduidelik hy. “Die mense saam met wie ek werk voeg almal hulle genialiteit by my visie. Saam maak ons GROOT dinge gebeur.”

Met talle SAMA en Huisgenoot Tempo toekennings asook vier platinum en drie dubbelplatinum CD’s agter sy naam, hou JAY duidelik van goeie geselskap. Beide sy twee solo-albums en Bonnie En Clyde het meer as 40 000 eksemplare verkoop binne weke ná vrystelling. Of dit nou 2011 se rol as
Jakes in die trefferfilm Platteland, sy marathon 12-jaar loopbaan met Eden, of sy vele suksesse in die loop van die laaste ses vollengte albums en DVD-vrystellings is, JAY het sy naam verleen aan platinum, en in meeste gevalle, dubbel-platinum treffers. Inderdaad indrukwekkende resultate.

Solo se 13 snitte, insluitende Is Ek Nie Die Een, die rock-snykant van Kan Nie Sonder Jou, die ballade Soms Sien Jy My, en die album se treffer Melanie het elkeen sy merk gemaak, maar #DisHoeOnsRol – sonder verskonings, vreesloos en grensverskuiwend – is sy album wat die speelveld verander. Rou, eerlik en pure ruk-en-rol, JAY maak pragtige musiek wat steeds sy plek
bevestig as ’n rare nasionale skat wat musikaal op elke vlak sin maak.

2014 merk die vrystelling van ‘n splinternuwe EDEN-album – Nooit Oud Raak Nie. Die eerste single Dirty Dancing pronk oral op trefferparades. Terwyl 2015 die uitreiking van ‘n tweede duetalbum saam met Lianie May beloof.



 





 IN KORT:

Solo – eerste solo album – uitgereik in 2010
• Beste Pop Album – Solo – Huisgenoot Tempo – 2011
• Liedjie van die Jaar – Melanie – Huisgenoot Tempo 2011
• SAMA-nominasie – Beste Pop Album – 2011
• Platteland die rolprent – 2011
• Bonnie en Clyde – duetalbum met Lianie May – 2012 uitgereik
• Musiekvideo van die Jaar – Lank Lewe Die Liefde – Huisgenoot Tempo – 2012
• Liedjie van die Jaar-nominasie – Bonnie en Clyde – Ghoema Toekennings – 2013
• Liedjie van die Jaar-nominasie – Bonnie en Clyde – Huisgenoot Tempo – 2013
• #DisHoeOnsRol – 2de solo album – uitgereik in 2013
• Liedjie van die Jaar – Superhero – Ghoema Toekennings – 2014
• Pop Album van die Jaar – #DisHoeOnsRol – Ghoema Toekennings – 2014
• Album van die Jaar-nominasie – #DisHoeOnsRol – Gheoma Toekennings – 2014
• Manlike Kunstenaar van die Jaar-nominasie – Ghoema Toekennings – 2014
• Pop/Sokkiedans Album van die Jaar – Huisgenoot Tempo – 2014
• Liedjie van die Jaar-nominasie – #DisHoeOnsRol – Huisgenoot Tempo – 2014
• Gewildste Liedjie van die Jaar – Naweeklyfie –Ghoema 2015
• Beste Pop Album deur Groep – Eden – Nooit Oud Raak Nie – Ghoema 2015
• Groep van die Jaar-nominasie vir Eden – Ghoema 2015
• Beste Liedjie van die Jaar-nominasie – Eden – Dirty Dancing – Ghoema 2015
• Musiekvideo van die Jaar-nominasie – Naweeklyfie – Ghoema 2015
• SAMA-nominasie – Beste Pop Album – Eden – Nooit Oud Raak Nie

 




 




 

 

 

 

 

 

 




 


 




  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden