KINDER HOEKIEBeste Afrikaanse kleuterverwante webtuistesOns keuse van die Beste Afrikaanse kleuterverwante webtuistes op die internet, gepak met pret- en leersame aktiwiteite, skoolhulp, stories, musiek- selfs klere en partytjie-idees! |
http://juffer.wordpress.comDie webtuiste wat jou en jou kleuter die langste sal besig hou- nog jare ebn jare lank- is Juffer se blog: My Klaskamer- idees en gedagtes uit 'n juffrou se pen. Wat 'n vonds! Baba & Kleuter kan nie genoeg lofliedere oor hierdie webskat sing nie, Nie net lei Juffer jou kind op 'n prettige manier stap vir stap deur graad R, 1, 2 en 3 nie, sy bied ook voorskoolse raad en aktiwiteite. Daar is skakels na bruikbare takkaarte en blink idees en jy kan ook inteken as jy personnl;ike aandag nodig het. 'n Nuttige skakel vir kraakvars kleuteraktiwiteite in die blog self is http://juffer.wordpress.com/2009/09/30/inkleurprente-en-aktiwiteite. |
|
www.kleuters.co.zaHierdie webtuiste het ontstaan toe 'n kleutermamma op soek was na Afrikaanse kleuteraktiwiteite en voorskoolse inligting op die web ter voorbereiding van haar oudste vir die grootskool. In haar soeke het sy op 'n volle niks afgekom nie en toe besluit om iets daaraan te doen. So het kleuters.co.za 'n smeltpot geword van liedjies, rympies, kindergebedjies, Bybelverhale, resepte vir klei, koekies en lekkers en 'n gids tot die oulikste beskikbare Afrikaanse kleuterprodukte soos rekenaarspeletjies, opvoedkundige speelgoed, musiek en DVD's. Die aktiwiteite is gratis en sal beslis bydra tot jou kleuter se skoolgereedheid. |
www.filaflooi.co.za'n Afrikaanse kleuterklerereeks, haleluja! Skaf vir jou kind tussen een en ses jaar oud 'n T-hempie aan met 'n Afrikaanse trefwoord of rympie op. Jy kies een van die rympies op hul ellelange lys en die kleur van die hemp uit hul kleureversameling. Een gewilde rympiekeuse is: ienkel dienkel dalie-kind hardloop soos die wilde wind hier gedraai en daar geswaai van gvir jou 'n vlinder en hou hom saggies vas drrom die mooiste drome wat by 'n vlinder pas Filaflooi hekel ook rokkies op aanvraag en voorbeelde kan na jou gestuur word. |
www.kinderwerf.co.zaSoos kleuters.co.za is dit ook 'n goeie versameltuiste. Daar is gratis speletjies vir peuters van twee jaar en ouer, partytjiewenke, aksierympies, resepte, wenke vir ouers en 'n gebruiksvriendelike aanlynwinkel met tonne hulpvaardige Produkte. |
http://peuters.yolasite.com'n Program vir peuters wat deur 'n kleuterskoolonderwyseres saamgestel is en waar ouers nuwe dinge soos kleure, vorms en begrippe met die hulp van temas aan hul peuters voorstel en hulle so stimuleer. Daar is vier ten volle uitgewerkte weeklikse programme wat jy m et jou peuter kan deel. Dis hope pret vir ma en kind. Groot bonus: 65 bladsye van liedtjies en rympies! |
www.esl.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkasOns Blêrkas van Afrikaanse volksmusiek is 'n argief met 400 Afrikaanse volksliedjies. Klik op die liedjienaam om die woorde te lees en klik op die musieknote om die wysie te hoor. Volksliedjies word weer gewild en kommersiële kunstenaars neem dit ook graag op- dink maar aan Dozi se Ou Ryperd. Stel jou kind hier aan 'n skatkis van geskiedenis bloot. |
www.holderstebolder.co.zaHier vind jy elke moontlike leerhulpmiddel in Afrikaans wat jou kind van voorskools tot hoërskool nodig kan kry. Daar's 'n lys van bestelbare Afrikaanse kinder- en jeugboeke en Pretpos is 'n leespakkie met boekies en aktiwiteite wat leeslus aanwakker. Verwag wenke, taalhulp en skryfhulp. |
|
www.besterklub.comBesterklub-maatjies kry weekliks 'n opwindende pretpak propvol wiskunde-, wetenskap- en kunsaktiwiteite en allerlei ander opvoedkundige projekte. Pretpakke word saamgestel volgens 'n maandelikse tema met 'n oorspronklike storie en liedjie wat by daardie tema pas. Die liedjies word deur Lienka, Johrné (albei van disselblom) en Jannie gesing en die stories word onderskeidelik deur Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock vertel. 'n Uitstekend saamgestelde webwerf. |
www.uitblinkers.co.zaDit help ouers om 'n liefde vir lees by hul jong kinders te skep deur middel van die Disney-boekklub met leesboekies en aktiwiteite. Die webtuiste bevat ook 'n reeks insiggewende artikels oor kinders en leesgedrag. |
www.loebi.co.zaLoebi die drakie se oorspronklike Afrikaanse leesreekse is geskik vir ouderdomme 0-2, 2-3, 3-4, 4-5 en 5-7. Vind ook Loebi se partytjievoorstelle en ander wenke. |
www.kleuter-klieks.comHier kan jy sagteware aflaai op jou kleuter te help om die alfabet, syfers, vorms en kleure baas te raak. Daar is ook gratis flitskaarte. |
|
|||
|
|
Beste Afrikaanse kleuterverwante webtuistesOns keuse van die Beste Afrikaanse kleuterverwante webtuistes op die internet, gepak met pret- en leersame aktiwiteite, skoolhulp, stories, musiek- selfs klere en partytjie-idees! |
|||
|
|||
|
|||
|
|||
Kids games - the most fun place to play onlineKids games | free racing games + | Mazes | space games | coloring pages | free fun games for kids | free animated cards for kidsKids games (all free) - jigsaw puzzles, racing games, coordination games, mazes
|
|
|||
|
|||
PARTNER LINKS | POLLS VOTEINGS | SAM EXTRAS |
|
MUSIC VIDEOS | RADIO EENDRAG | RADIO STATIONS | NEWS LETTER | ||||||||
FORUM | FAN PAGES | CONTACT | ROOI BOK SOKKIE EVENTS | SITE MAPS | SA SINGERS | CHAT BOX | LINK LIST | ||||||||
SPONCERS | OUR LINKS | TOPLIST | BOERVOLK RADIO | COOK BOOK | TRAVEL | RADIO INFO | LINKS |