Juanita Du Plessis


MY NAAM IS JUANITTA DU PLESSIS

Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.

Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk!   Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album “Ek en jy”, Ska-Rumba was die bonussnit.  ‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf.  ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly!
(Die treffersparade behels beste verkopers in SA- plaaslik en internasionale albums)

In die volgende vyf jaar verander die meisie van Suidwes se lewe drasties. Die Du Plessis-gesin het intussen hul geboorteland, Namibië en Gobabis (hul tuisdorp vir 5 jaar - op daardie stadium) agter gelos en hulself gevestig in Pretoria.   Nog albums sien die lig en Juanita herskryf weereens die rekordboeke toe haar algehele verkoopsyfer in 2010 die 1.6 miljoen merk bereik.  Haar tweede Gospel-album, “Vlieg Hoog” (2007), is aangewys as die Top Afrikaanse Gospel-verkoper van alle tye.

In 2012 behaal Juanita 'n mylpaal wat sy nooit vir haarself kon indink nie. Sy word die eerste kunstenaar in die Afrikaanse geskiedenis om 2 000 000 albums in Suid-Afrika te verkoop.

Juanita du Plessis se loopbaan spreek van roemryke prestasies, kosbare mylpale, nederigheid en toewyding, en die toekennings op haar kerfstok oortref diè van die meeste kunstenaars in Suid-Afrika
.

WIE IS JUANITA?

Gebore: 26 April in Windhoek (Namibië)
Skool: Laerskool Suiderhof en Windhoek Hoërskool, in Windhoek.
Naskool:

Gekwalifiseer as sekretaresse. Het vir ‘n vervoermaatskappy in Windhoek gewerk en vanaf 1996 was sy net ‘n gewone huisvrou toe hulle Gobabis toe verhuis het.

Gesin: Juanita is ‘n gesinsmens en haar gesin is vir haar baie belangrik en kosbaar. Sy en haar man, Doepie, spog met drie pragtige kinders: die tweeling, Mario (seun) en Franja (dogter) en ouboet Ruan
 
   
 
 
 
   

JUANITA DIE MENS

“Ek is ‘n doodgewone vrou; ‘n ma wat elke dag my droom en passie lééf!  Ek is ontsettend dankbaar vir wie ek is, waar ek is en wat ek het... Ek wil elke dag die instrument wees om mense aan te raak deur my musiek, hetsy om hulle te laat lag, te laat huil, te bemoedig of net beter te laat voel oor die lewe en dalk ‘n bietjie hoop te kan gee. Dit is ‘n geweldige voorreg en eer om hierdie instrument in God se hande te kan wees. Ek glo dit is my uiteindelike skeppingsdoel hier op aarde.”

Juanita se bewonderaars beskryf haar as stralend, vriendelik, pragtig, opreg, eerlik, bemoedigend, vertroostend, inspirerend, belangstellend, bedagsaam, ’n rolmodel, ‘n liefing… ‘n engel! Haar familie en vriende beskryf haar as Godvresend, saggeaard, deernisvol, liefdevol, innoverend, professioneel, vasberade, doelgerig en ‘n voorbeeld van nederigheid.



 




DISKOGRAFIE


CD'S  
Young Hearts (1998)  Platinum status
Ek en Jy - Ska-Rumba (2000) 3 x Platinum status
Dis Waar Ek Wil Wees (2002) Dubbel Platinum status
Jy Is… (2003)  3 x Platinum status
Altyd Daar (2004)  3 x Platinum status
Bly by my (2005)  Dubbel Platinum status
Jou Skaduwee (2006)  Dubbel Platinum status
Vlieg Hoog (2007)   4 x Platinum status
Volmaakte Kring (2007) 3 x Platinum status
Bring jou Hart (2008) 3 x Platinum status
10 Jaar Platinum Treffers (2008) 3 x Platinum status
Engel van my hart (2010) 3 x Platinum status
Wees lig (2011) 2 x Platinum status
Hart vol drome (2012) Platinum status
Jy voltooi my (2012) Platinum status
   
DVD’s  
In konsert op Haar beste (2004) 4 x Platinum status
Altyd daar “Live” op Aanvraag (2006) Dubbel Platinum status
Bring jou Hart – Theuns & Juanita (2007) 5 x Platinum status
10 Jaar Platinum Treffers (2009) 3 x Platinum status
Tydloos (2010) Platinum status
Hart Vol Drome (2012) Dubbel Platinum status
 
 

 


 

 


 

 

 

 

 

 

 






 





 

 









HOOGTEPUNTE

Juanita sê dat elke “eerste” ‘n hoogtepunt was, soos haar eerste goue album, die eerste platinumalbum, eerste dubbel platinumalbum, eerste Noot vir Noot, eerste Skouspel, eerste voorblad, ensovoorts.  Haar top hoogtepunte tot dusver:

  1. Eerste goue album (2001: Ek en Jy)
  2. Eerste Huisgenoot Skouspel (2002)
  3. Eerste nommer een plek op die SA Top 20 (2003: Jy is). Sy was die eerste vroulike  kunstenaar wat dit kon regkry!
  4. Eerste tydskrifvoorblad (2002: Keur, saam met Kurt Darren)
  5. Eerste Noot vir Noot-optrede (2001)
  6. Haar ontmoeting met Joyce Meyer en die optrede by haar konferensie in Johannesburg (2007)
  7. Albumverkope wat die eenmiljoenkerf tref! (2008)
  8. Die album Vlieg Hoog word die grootste gospelalbumverkoper nóg in Suid-Afrika; oor die 180 000 enhede (2008)
  9. Die optrede by Loftus vir Jesus – met ‘n skare van oor die 72 000 mense
  10. Die album Volmaakte Kring – wat binne twee weke ná uitreiking dubbel platinumstatus bereik het
  11. Die DVD (Bring jou hart) saam met Theuns Jordaan maak geskiedenis. Top verkoper DVD van alle tye in Suid-Afrika!
  12. Die album (Engel van my hart) wen die SAMA vir beste popalbum en topverkoper (“dis vir my ‘n hoogtepunt omdat ekself die regissieur van die hele album was”)
  13. Die Ghoema Diamant Toekenning vir beste Afrikaanse verkoper in die geskiedenis van SA! (“Dis my grootste toekenning ooit!”)
  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden