Willem Botha

 


My Name is Willem Botha

Biografie

Die vermaaklikheidsbedryf het met rasse skrede gegroei die dag toe Willem Botha sy toetrede gemaak het.

In 2006 soengroet hy Idols-aanhangers, en intussen het hy tienduisende van sy eie bewonderaars bygekry met drie bekroonde albums en groot film-,teater- en TV-rolle agter sy naam.

Op 28 is die meeste jong Suid-Afrikaners gelukkig met ’n kwalifikasie en, selfs beter, ’n vaste werk om hulle drome te help bou. Op hierdie ouderdom het Willem pas teruggekeer vanaf Europa waar hy geskiedenis gemaak het as die eerste Afrikaanse kunstenaar wat deelgeneem het aan die merkwaardige Eurovision Song Contest.

Hy was deel van die span van Belarus en het deurgedring tot in die finaal. Meer as ‘n 100 miljoen kykers het die finaal in 44 lande gevolg. ‘n Droom wat bewaarheid is vir Willem! Hy het ook reeds opgetree in onder meer België, Nederland, Luxemborg, Swede en Dubai.

Willem aanvaar nie enige aspek van sy hoogs kleurvolle loopbaan as vanselfsprekend nie, en hy dryf homself en sy
Godgegewe talent tot die randjie van selfs groter dinge. “Ek lewe my droom,” vertel hy. “Ek het altyd geweet ek wil meer as ’n musikant wees. Ek is ’n vermaaklikheidskunstenaar in elke sin van die woord.” As sanger, danser, akteur en meer onlangs ook liedjieskrywer, is hy op ’n nuwe groeikurwe – tot voordeel van die ewig-stygende getal bewonderaars wat ’n liefde vir wêreldklas vermaak deel.

Om te bevestig dat daar nog baie is waar die vorige twee albums vandaan gekom het, merk Julie 2012 die vrystelling van sy se nuutste 14-snit album. My Stem Is Joune spog met ’n vlak van volwassenheid en eerlikheid wat aanhangers van 2006 se baanbrekerdebuut Kô Ma Hier en 2010 se SAMA-genomineerde opvolger Sê My Nou sal bekoor. Die album is gevul met kragtige vooruitgang. “Ek was mede-skrywer op die album en het Vat Oor By My Jesus en Breek Op In Stereo’ geskryf en ook help skryf aan Sad Song, en ek’s mal oor die hele proses,” vertel hy.
“Hierdie album het alles vir my verander. Die liedjies is ongelooflik sterk danksy die wonderlike span talentvolle liedjieskrywers Johan Oberholzer en Machiel Roets. Roets, bekend vir die treffer My Lewe Draai Om Jou (die titelsnit van Liefling Die Movie) het Sad Song gehelp skryf, terwyl Oberholzer agt liedjies bygedra het, insluitende die titelsnit van Botha se nuwe treffer-besaaide versamelstuk.

Al is Willem reeds suksesvol, pak hy elke dag oopkop aan en is gretig vir enige uitdaging wat die bedryf oor sy pad bring. Musiek is ook net een faset van sy veelsydige gawes. Ná sy filmdebuut in 2010 se Liefling, Die Movie (amptelik die mees suksesvolle Afrikaanse rolprent ooit), is dit opgevolg in 2012 met ‘n rol in Pretville. Middel 2011 het Willem ook een van die hoofrolle in die musiekblyspel oor die grensoorlog, TREE AAN, vir twee uitverkoopte seisoene vertolk. Middel 2013 merk sy deurbraakrol en ook sy TV-debuut in die drama, Donkerland, uit die pen van bekroonde Deon Opperman. Middel 2014 merk sy terugkeer na die teater met ‘n hoofrol in die treffer musiekblyspel, Reik Na Die Sterre. “Ek glo nie in geluk nie,” sê hy, op die man af. “Jy maak jou eie geluk. Ek werk ongelooflik hard, elke dag, om geleenthede te vind en my met wonderlike mense te omring waarmee ek saamwerk.”

Met tyd kom ondervinding en volwassenheid, twee eienskappe wat hy inspan met elke kans wat hy kry. “My stem het ongelooflik gegroei en verbeter,” reageer hy as mens hom vra hoe My Stem Is Joune met sy vorige twee vrystellings vergelyk. “Die algehele klank van elke liedjie is sterk. Die kwaliteit en produksie is ook beter as ooit. Ek skryf oor die lewe en ondervindings wat ek gehad het, so daar is ’n vlak van eerlikheid en integriteit waarop ek baie trots is.”

Wanneer dit kom by die musiek wat hy skryf, sing en uitvoer, is Willem nie aanstellerig oor enige aspek nie. “Ek gee nie om wat ek sing nie,” voeg hy by. “As mense dit geniet, dan is dit wat my gelukkig maak.”

Vir Willem is dit niks nuuts om die verhoog met kunstenaars soos Steve Hofmeyr te deel nie en is gaskunstenaar op sy Haloda, DVD wat September 2012 uitgereik is. “Dis altyd ’n groot voorreg om genooi te word om saam met Steve te werk,” sê hy. Ek hou daarvan om lewendig op te tree en om op die verhoog te wees. Dit is waar ek in my elementis. Dis waar ek regtig tevrede is.”

Hy is puntenerig oor die klein dingetjies en dring daarop aan dat alles wat hy aanraak die beste moet wees wat dit moontlik kan wees. Willem het werk gemaak daarvan om elke aspek van My Stem Is Joune te beïnvloed – regdeur
tot by die kunswerk wat die omslag versier. “Ons het die omslag geskiet op ’n perdeplaas buite Pretoria,” vertel hy. As ’n Springbok-ruiter, maak hy steeds tyd in sy besige skedule om perd te ry by sy broer, ’n perde-afrigter, op die plaas. “Ek het grootgeword op ’n plaas naby Riversdal, so ek gryp enige kans om op die familieplaas te gaan ontspan.”

Een luistersessie van My Stem Is Joune sal langdurige aanhangers tevrede stel in die wete dat die beste dele wat hulle in Willem Botha leer ken en liefkry het, nog steeds ongeskonde is. “Ek het selfs ’n club mix van Breek Op In Stereo, sowel as ’n medley van drie liedjies van my debuut, Kô Ma Hier, ingesluit,” sê hy. “Ek sing die medley by amper al my vertonings. Nou kan aanhangers vir die eerste keer die ervaring saam met hulle huis toe vat en dit kliphard speel.”

Willem weet van watter kant die wind waai, en maak tyd om te reageer op elke aanhanger wat kontak maak op sy sosiale media platforms. “Ek’s baie aktief op Facebook en Twitter,” wys hy uit. “As my bewonderaars die moeite doen om met my te praat, wil ek die dieselfde doen. Sedert die begin van Idols was ek baie aktief aanlyn. Dis ’n goeie manier om in voeling te bly met die mense wat my toelaat om aan te hou doen waarvoor ek lief is.”

Willem Botha het dalk reeds sukses geproe maar hy is honger vir nog en meer as bereid om die maaltyd self voor te berei langs die pad. “Daar is ’n goeie gesegde wat ek aangepas het. Dit het vir my ietwat van ’n mantra geword wat opsom hoe ek my lewe lei. Dit gaan so: “Die hysbak na drome is gebreek, so ek klim die trappe.”

Tussen familie en goeie vriende wat hom almal help om sy voete op die grond te hou, en ‘n sterk bestuursspan wat ewe veel belê het in sy toekoms, omring Willem homself met talentvolle mense. “Wat ek doen is dikwels vol uitdagings,” sluit hy af. “Hoeveel mense kry die kans om te doen wat ek doen? Daar gaan nie ’n dag verby wat ek nie stop en dankie sê vir elke geleentheid wat ek kry nie. Hopelik hoor aanhangers dit in die liedjies, en veral wanneer ek lewendig optree en hulle persoonlik kan bedank.”

2015 merk ‘n moontlike hoofrol in ‘n groot TV-reeks asook produksie aan sy nuwe album wat vroeg 2016 uitgereik sal word.

IN KORT:

• Idols naaswenner – 2006
• Huisgenoot Tempo toekenning – Beste Nuweling – 2007
• Kô Ma Hier – eerste album vrygestel – 2007
• Sê My Nou – tweede album vrygestel – 2009
• Liefling, Die Movie – 2010
• SAMA-nominasie vir Sê My Nou – 2010
• TREE AAN, die musiekblyspel – hoofrol – 2011
• Fiesta toekenning – Beste Aanbieder – 2012
• Naledi nominasie – TREE AAN – 2012
• My Stem Is Joune – derde album vrygestel – 2012
• Gaskunstenaar op Steve Hofmeyr se Haloda DVD – 2012
• Huisgenoot Skouspel – 2012
• Pretville – 2012
• SAFTA Award – Pretville – 2013
• Huisgenoot Tempo nominasie vir My Stem Is Joune – 2013
• Donkerland – hoofrol in TV-drama – 2013
• Eurovision Song Contest – deel van die Belarus-span in Swede – 2013
• Reik Na Die Sterre – hoofrol in musiekblyspel – 2014



 





Rooi Bok Sokkie Event in Belgium 2015

WEB PAGE TITLE GOES HERE
 

 


 

My Album

 
 

 

 

 

 

 

 

 

 





 




 










  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden