Steve Hofmeyr (gebore 29 Augustus 1964 in Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur. Sedert 2006 is hy ook die gasheer van die kykNET-program Dis Hoe Dit Is met Steve.
Nadat hy in 1982 aan Grey-kollege in Bloemfontein gematrikuleer het, het hy twee jaar lank militêre diens in die weermag verrig, waarna hy by die Technikon Pretoria se dramaskool gestudeer het. Hier het hy in 1986 'n diploma in drama behaal. In 1998 het Hofmeyr met die aktrise Natasha Sutherland getrou; die egpaar het twee seuns, Sebastian (gebore op 13 Desember 2001) en Benjamin (gebore in 2003). Hulle is sedertdien geskei. Steve het weer geluk gevind en is in Januarie 2014 getroud met Janine.
Hofmeyr se musiekloopbaan het reeds vroeg in sy lewe begin: hy het as jong seun in die kerkkoor gesing en reeds op elfjarige ouderdom begin om musiek te skryf.
In 1997 tree hy tot die internasionale musiekarena toe met die duet You Don’t Bring Me Flowers wat hy saam met die Belgiese superster Dana Winner vir sy album True to You opgeneem het. Hierdie snit is ook in Nederlands (Vroeger Bracht Je Bloemen)opgeneem en het die nommer twee-posisie in die Belgiese "Top 100" behaal. Alle kaartjies vir Dana en Steve se gesamentlike optredes op die verhoog in België en Suid-Afrika was uitverkoop. Een van Steve se eie liedjies was ook 'n treffer vir Dana in Europa.
Steve Hofmeyr het in 2001 deur Suid-Afrika getoer met Beautiful Noise wat die lewe en musiek van Neil Diamond uitgebeeld het. Hy het in dié jaar ook sy DVD met dieselfde titel uitgereik. Die toer was 'n groot sukses met 224 konserte waarvan al die kaartjies uitverkoop was. Van die liedjies wat Hofmeyr self geskryf het, is 150 reeds deur Suid-Afrikaanse en internasionale kunstenaars opgeneem.
Toekennings
2003: ATKV Beste Onderhoud in 'n Tydskrifprogram: as onderhoudvoerder in die kykNET-reeks Dis Hoe Dit Is, wat in 2002 uitgesaai is.
2004: SAMA-toekenning vir die bes verkopende kunstenaar vir die album Toeka (165 000 eenhede verkoop).
2004 Solidariteit se "Grootste Bydrae tot Bevordering van Afrikaans"-toekenning.
2005 (GMT)Geraas-toekennings: Beste verkope in 2004 (vir die CD Toeka 2).
2005 (GMT)Geraas-toekennings: Liedjie van die jaar (Pampoen).
Rolprente
Kampus: Die Fliek (1986)
Agter Elke Man (1990)
No Hero (1992)
A Case of Murder (2004)
Bakgat 2 (2010) as 'n psigoterapeut.
Platteland (2011)
Pretville, 2012 as Eddie Elektriek
Treurgrond, 2015 as Lukas van Staden
Jaar
Titel
Opmerking
1989
Desertbound
Platinumstatus.
1990
Only Me
Goue status.
1991
Steve
Goue status.
1992
No Hero
Klankbaan van die film No Hero, goue status.
1993
Tribute
Platinumstatus.
1994
Die Treffers / The Hits
Platinumstatus.
1994
Tribute, Vol.2
1996
Decade of Steve Hofmeyr
Goue status. Ook op video uitgereik.
1997
True to You
Goue status
1997
Die Bloubul Song
Enkelsnit, multiplatinumstatus.
1997
Close to You
Enkelsnit.
1999
Southern Cross
Goue status
2000
Beautiful Noise
Multiplatinumstatus
2000
Grootste Treffers Vol.2
Platinumstatus
2002
Engele Om Ons
Goue status
2003
Toeka
Multiplatinumstatus
2004
Toeka 2
Multiplatinumstatus
2005
Grootste Platinum Treffers
Dubbel-CD, multiplatinumstatus.
2006
Laaities en Ladies
Goue status.
2007
Waarmaker
2010
Duisend en Een
2011
Haloda
Current Location
Pretoria, South Africa
General Manager
For bookings and enquiries 082 727 3218 or email info@stevehofmeyr.co.za.
On July 11, 2015 Steve Hofmeyr was asked to be the traditional leader of the Afrikaner and Boer nation. With joyful anticipation and abject humbleness he accepted within the confidence that has been placed in him.
For the first time in decades, the Afrikaner/Boer nation has a leader.
Steve Hofmeyr proven Afrikaner activist, passionate defender of the rights of minorities, is a man who unashamedly fights for its culture and people. Therefore we place trust in him as Boer and fellow Afrikaner to lead us to stand up for ourselves and on behalf act as our traditional leader.