Our Cook Book


wrclub.net
   



   
        
               
 

HUISGENOOT FOODS





Muffins

Paprika-en-mango-plathoender

Tandoori-hoenderkebabs

Calzone met wors-en-groente-vulsel

Boerewors-jafels

Lamskerrie

Worswieletjies

Bessietert

Boerewors-kebabs

Mexikaanse worsgebak

Stokkie-worsrolletjies









Lorem ipsum dolor sit amet, consectetuer adipiscing elit. Praesent vestibulum molestie lacus. Aenean nonummy hendrerit mauris. Phasellus porta. Fusce suscipit varius mi. Cum sociis natoque penatibus et magnis dis parturient montes, nascetur ridiculus mus. Nulla dui. Fusce feugiat malesuada odio.
COOKING BY RADIO SAM

monday
Hierdie muffins is ’n treffer by kinders. Die versiersel gee soetheid, maar die deeg is nie buitensporig soet nie.

Lewer 24
Bereiding: 15 min.
Bak: 20 min.

500 ml (2 k) meel
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
7 ml (1½ t) kaneel
125 ml (½ k) strooisuiker
2 eiers
250 ml (1 k) melk
3 ryp piesangs, fyngemaak
Bolaag
230 g roomkaas
60 g botter, versag
60 ml (¼ k) versiersuiker
’n druppel geel koskleursel
2 piesangs, in skywe gesny, vir versier
lekkers vir versier

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee muffinpanne.

  1. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en kaneel saam in ’n groot bak en roer die strooisuiker in.
  2. Klits die eiers, melk en fyn piesangs in ’n ander bak tot goed gemeng. Voeg die mengsel by die droë bestanddele en vou in. Giet die beslag in die voorbereide muffinpanne en bak 20 minute. Laat die muffins 10 minute in die panne afkoel voor jy dit uithaal. Pak dit op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
  3. Bolaag: Klits die roomkaas en botter saam tot lig en donsig. Voeg die versiersuiker by terwyl jy klits en roer die koskleursel in. Smeer die bolaag met ’n lepel oor die muffins. Maak ’n gesig met piesangskywe en lekkers.

Deur Hope Malau
Foto: David Briers

monday

Die speseryagtige mangosous sal jou somerbraai ’n tropiese smaak gee.

Genoeg vir 4-6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 50 min.

3 mango’s, gekap
2 takkies vars roosmaryn
’n klein hand vol vars grasuie
30 ml (2 e) appelasyn
15 ml (1 e) olie
4 knoffelhuisies, gekap
5 ml (1 t) paprika
sout en vars gemaalde peper
1 kg heel hoender, platgemaak
gebraaide aartappels vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200    °C.

  1. Plaas die mango’s, roosmaryn, grasuie, asyn, olie, knoffel, paprika, sout en peper in ’n verwerker en blits tot die bestanddele goed gemeng is.
  2. Bedek die hoender met die helfte van die sous, bedek en verkoel 2 uur. Rooster die hoender ’n driekwartier in ’n roosterpan terwyl jy dit elke kwartier met die oorblywende sous bedruip.
  3. Gooi die oorblywende sous in ’n kastrol oor lae hitte en laat 5 minute prut. Sit die sous voor saam met die hoender en gebraaide aartappels.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander

tandori

Sprinkel ’n bietjie paprika oor die hoender vir ekstra geur en kleur. Sit voor saam met roti’s.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaaktyd: 10-15 min.

Hoender
4 hoenderborsfilette
sout
Marinade
125 ml (½ k) natuurlike jogurt
30 ml (2 e) tandoori-kerriepoeier of -pasta
30 ml (2 e) gekapte vars koljanderblare

As jy houtsosatiestokkies gebruik, week dit vooraf in wateromte voorkom dat dit brand.

  1. Hoender Sny die hoender in 2cm repies, geur met die sout en plaas in ’n nie-metaalbak.
  2. Marinade Meng al die bestanddele en giet oor die hoender. Meng goed deur.
  3. Ryg die hoender op kebabstokkies en braai 10-15 minute op matige kole of tot gaar.
boerewors-braai

Genoeg vir 4-6 mense
bereiding: 20 min.
gaarmaaktyd: 15-20 min.

500 g dik boerewors
250 g streepspek
250 g ontpitte
pruimedante
pas gemaalde swartpeper

As jy houtsosatiestokkies gebruik, onthou om dit eers in water te week om te voorkom dat dit brand.

  1. Sny die wors in 15-20 cm-stukke.
  2. Steek ’n sosatiestok deur een punt van ’n stuk wors.
  3. Draai spek om twee pruimedante en ryg langs die stuk wors op die sosatiestok.
  4. Steek die sosatiestok deur die ander punt van die wors sodat dit ’n halfmaan om die pruimedante vorm.
  5. Herhaal met al die stukke wors.
  6. Geur met die peper en braai op warm kole. Draai gereeld tot dit gaar is.
worsgebak

4-6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaaktyd: 25 min.

500 g varkworsies
15 ml (1 e) olie
3 uie, gekap
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 blik (410 g)
gekapte tamaties
1 blik (410 g)
pitmielies
20 ml (4 t) rooipeper
2 ml (½ t) paprika
5 ml (1 t) suiker
sout en vars
gemaalde peper
1 pak tortillaskyfies
125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Druk die varkworsies uit die derm en rol balletjies. Pak op die bakplaat en rooster 15 min of tot goudbruin en gaar.
  2. Verhit die olie in ’n vlak kastrol en braai die uie tot geurig. Voeg die soetrissies by en roerbraai ’n minuut.
  3. Voeg die tamaties, pitmielies, rooipeper, paprika en suiker by. Laat prut ’n paar minute en geur met die sout en peper.
  4. Plaas die tortillaskyfies in ’n oondbak.
  5. Skep die tamatiesmoor bo-op, pak die frikkadelletjies op en sprinkel die kaas oor.
  6. Bak 10-15 minute of tot die kaas gesmelt het.
  7. Sit voor saam met koljanderblare, suurroom en guacamole.
calzone

Wanneer jy eendag nie te besig is nie, kap oorskietgroente op en vou dit in deeg toe vir ’n smaaklike maaltyd wat almal sal geniet.
 
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 55 min.
 
Deeg
1 L (4 k) meel
’n knippie sout
10 g droë gis
7 ml (1½ t) strooisuiker
30 ml (2 e) olyfolie
375 ml (1½ k) louwarm water
Vulsel
50 g botter
15 ml (1 e) meel
250 ml (1 k) melk
250 ml (1 k) cheddarkaas
2,5 ml (½ t) mosterdpoeier
sout en peper na smaak
400 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
100 g sampioene
500 g Russiese wors, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
sap van 2 lemmetjies
5 ml (1 t) borrie
5 ml (1 t) fyn komyn

  1. Deeg: Sif die meel en sout in ’n groot mengbak en maak ’n holte in die middel. Meng die gis, suiker en olyfolie met die water in ’n beker. Sit eenkant 10 min. of tot borrels op die mengsel se oppervlak verskyn.
  2. Meng die meelmengsel geleidelik in en voeg nog meel by as die deeg te klewerig raak.
  3. Plaas die deeg op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie 10 min. of tot rekbaar. Sit die deeg in ’n groot bak wat liggies geolie is, bedek en sit op ’n warm plek 1 uur of tot die grootte verdubbel het.
  4. Vulsel: Verhit 20 g van die botter in ’n potjie, voeg die meel by en kook 1 min. Voeg die melk stadig by terwyl jy roer. Kook 5 min. terwyl jy aanhoudend roer. Voeg die kaas, mosterd, sout en peper by; roer en sit eenkant.
  5. Plaas die botterskorsie op ’n roosterpan, voeg 10 g botter by, geur met die sout en peper, mengel deur en rooster 20 min. of tot sag. Sit eenkant.
  6. Voeg die oorblywende botter in ’n kastrol oor matige hitte en braai die sampioene en wors tot gaar. Voeg die knoffel, lemmetjiesap, borrie en komyn by en geur. Sit eenkant. Meng die groente en kaassous liggies in ’n bak. Sit eenkant om af te koel.
  7. Knie die deeg af. Verdeel in drie en rol elke stuk in ’n sirkel op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Skep die vulsel op die helfte van die sirkel, vou die sirkel oor en draai om te verseël.
  8. Pak die calzones op ’n bakpan en bak 30 min. of tot goudbruin.
boereworsjafel

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 20 min.
Gaarmaaktyd: 20 min.

VULSEL
15 ml (1 e) olie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyn gedruk
500 g boerewors, uit die derm gedruk
2 houers (65 g elk) tamatiepasta
1 blik (410 g) tamaties, gekap
5 ml (1 t) fyn kaneel
2 brandrissies, gekap
80 ml (¹⁄₃ k) fyn gekapte koljander en/of pietersielie
skil van 1 suurlemoen
knippie suiker
sout en peper na smaak
JAFELS
8 snye witbrood
botter

  1. Vulsel Verhit die olie en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die worsvleis by en braai tot gaar en bruin.
  2. Voeg die res van die bestanddele by, verlaag die hitte en laat prut sowat 20 min. tot die sous geurig is.
  3. Jafels Spuit ’n jafelpan goed met kossproei.
  4. Skep 45-60 ml (3-4 e) van die vulsel tussen twee snye brood. Plaas in die pan, vou toe en braai tot goudbruin.

lamskerrie

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 1½ uur

20 ml (4 t) olie
1 steranys
2 lourierblare, in stukkies
gebreek
2 kaneelstokkies
1 ui, fyngekap
1 tamatie, in blokkies gesny
2 kerrieblare
15 ml (1 e) borrie
15 ml (1 e) garam masala
15 ml (1 e) fyn koljander
15 ml (1 e) fyn komyn
30 ml (2 e) gemmer-en-knoffelpasta
45 ml (3 e) geroosterde kerriepoeier
500 g lamsvleisblokkies
sout na smaak
1 liter of meer (4 k of meer)warm water
5 aartappels, in blokkies gesny
125 ml (½ k) vars koljanderblare, gekap

  • Verhit die olie en braai die steranys, lourierblare en kaneel ’n paar sekondes tot geurig. Voeg die ui by en soteer tot effens bruin. Voeg die tamatie by en roerbraai 5 minute.
  • Voeg die kerrie, borrie, garam masala, koljander, komyn, gemmer-en-knoffelpasta en kerriepoeier by en meng goed.
  • Voeg die vleis, sout en water by en laat prut sowat 1 uur tot die vleis sag is. Voeg die aartappels by en laat sowat 30 minute prut tot gaar. Meng die koljander deur en sit voor saam met rys en sambals (sien wenk).

WENK Maak ’n sambal van gekapte uie, tamatie en koljander, of van gekapte komkommer, koljander en natuurlike jogurt.

stokwors

Iets lekkers vir die kinders terwyl die grootmense braai.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: sowat 20 minute
Staantyd: sowat 1 uur
Baktyd: sowat 40 minute

400 g dun boerewors
sowat 500 g brooddeeg
50 g botter, gesmelt
tamatiesous om mee voor te sit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Week 8 sosatiestokkies in water.
  2. Sny die wors in stukke van sowat 10 cm en ryg elke stuk op ’n sosatiestokkie.
  3. Verhit ’n riffelpan en braai die wors tot amper gaar. Laat afkoel.
  4. Laat rys die deeg sowat 20-30 minute. Knie dit af op ’n meelbestrooide werkoppervlak en deel dit in ewe groot balle.
  5. Vorm lang deegworse. Draai hulle om die gebraaide wors en knyp die punte aan die bo- en onderkant van die wors vas.
  6. Plaas die rolletjies op ’n gesmeerde bakplaat en laat rys sowat 20 minute.
  7. Smeer die rolletjies met die botter en bak 20-30 minute of tot gaar.
  8. Sit voor met tamatiesous of selfs stukke vars tamatie.
worswiel

LEWER 24 WIELETJIES
Bereiding: 15 min.
Rustyd: 20 min.
Baktyd: 20 min.

KORS
400 g skilferkorsdeeg, ontdooi
VULSEL
30 ml (2 e) tamatiepasta
125 ml (½ k) blatjang
1 stingelui, fyn gekap
2 pynappelringe, fyn gekap
3 Russiese worsies of chorizo’s, fyn gekap
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
30 ml (2 e) gekapte pietersielie
1 eier

Voorverhit die oond tot 190 °C. Spuit ’n paar bakplate.

  1. Kors Rol die deeg effens dunner uit.
  2. Vulsel Meng die tamatiepasta en blatjang en smeer oor die deeg.
  3. Meng die res van die bestanddele behalwe die eier en sprinkel eweredig oor die deeg.
  4. Rol die deeg op en plaas op die bakplaat. Laat 20 minute in die yskas rus.
  5. Sny in wiele van 5mmdik en pak in ’n enkellaag op die bakplate.
  6. Bak sowat 15 minute of tot die deeg gaar en bruin is. Laat afkoel. Sit voor as ’n happie.
web food

Jou gesin sal hierdie tert in ’n oogwink verorber.

Genoeg vir 6
Verkoel: 30 min.
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 25 min.
 
Vulsel
150 g swartkersiekonfyt
80 ml (⅓ k) water
350 g bevrore bessies
Deeg
250 g meel, plus ekstra vir bestuif
175 g botter, in blokkies gesny
15 ml (1 e) strooisuiker
1 eier, geklits
15 ml (1 e) yswater

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n tertbak.

  1. Vulsel: Verhit die kersiekonfyt en water in ’n kastrol oor lae hitte terwyl jy aanhoudend roer tot die konfyt gesmelt het en begin borrel.
  2. Voeg die bessies by en roer dit liggies om dit met die warm konfytmengsel te bedek. Verplaas die mengsel na die tertbak. Sit eenkant om af te koel.
  3. Deeg: Verwerk die meel, botter en suiker saam in ’n voedselverwerker tot die mengsel na fyn broodkrummels lyk. Meng die geklitste eier en water saam en sit 15 ml (1 e) van die mengsel eenkant.
  4. Voeg die eiermengsel geleidelik by die bottermengsel in die verwerker en verwerk tot dit ’n sagte deeg vorm. Vorm die deeg in ’n skyf, bedek met kleefplastiek en sit 30 min. in die koelkas of tot ferm en koud.
  5. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en bedek dan die tertbak en bessies.
  6. Druk die deeg aan die kante af om te verseël. Sny enige oortollige deeg af en knyp die kante met jou vingerpunte.
  7. Verkoel 30 min. Plaas die tertbak op ’n bakplaat, verf die deeg met die oorblywende eierwas, strooi 10 ml (2 t) suiker oor en sny ’n kruis in die middel van die deeg.
  8. Bak 25 min. of tot die deeg goudkleurig is en die vulsel borrel.
  9. Sit warm voor met vla of room.
mosselbroodjie


Genoeg vir 4 mense

2 blikke (85g elk) mossels, gedreineer
1 groot ui, gerasper
3 knoffelhuisies, gekap
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ k) mayonnaise
1 Franse brood/panini/ciabatta, in dik skywe gesny (8 skywe)

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Meng die mossels, ui, knoffel, kaas en mayonnaise. Verdeel die mosselmengsel tussen die broodskywe en smeer rofweg op elkeen.
  2. Pak die broodskywe op ’n bakplaat en rooster 10 minute of tot die mengsel op die broodskywe effens goudbruin begin raak.
  3. Sit dadelik voor saam met slaai.
lemoenblatjang


Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: sowat 1 uur

1,3 kg hoenderporsies
sout en peper na smaak
koekmeel
olie
2 middelslag-uie, gerasper
250 ml (1 k) vrugteblatjang
500 ml (2 k) vars lemoensap
aartappels en groente vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Geur die hoender met sout en peper en rol in die koekmeel. Braai in ’n bietjie verhitte olie tot goudbruin. Pak in ’n oondvaste bak.
  2. Meng die res van die bestanddele en giet bo-oor. Bedek en bak sowat ’n uur tot die hoender gaar en bruin is.
  3. Sit voor met aartappels en groente.

WENK Sny ’n lemoen in stukke en meng dit by die hoender in.


 

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 




 
 
 
  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden