LOOF EN PRYS OP N SONDAG OP RADIO EENDRAG
Sondag om 19h00 tot 20h00
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het. Ek glo in die heilige Gees. Ek glo aan ‘n heilige, algemene, Katolieke kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe.
Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word;
laat U koninkryk kom; laat U wil geskied, soos in die hemel net
so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars
vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons
van die Bose. Amen.
Geloofsbelydenis van Nicea / The Nicene Creed
Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van die
hemel en aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge; en in een
Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die
eeue uit die Vader gebore: Hy is God uit God, lig uit lig, ware
God uit ware God, gebore, nie gemaak nie, een in wese met die
Vader, deur wie alles tot stand gekom het. Hy het ter wille van
ons, mense, en ons saligheid uit die hemel neergedaal en het deur
die Heilige Gees uit die maagd Maria vlees geword: Hy het mens
geword; onder Pontius Pilatus is Hy vir ons gekruisig; Hy het gely
en is begrawe. Op die derde dag het Hy volgens die Skrifte opgestaan,
en Hy het na die hemel opgevaar. Hy sit aan die regterhand van die
Vader, en Hy sal met heerlikheid terugkom om die lewendes en die
dooies te oordeel. Aan Sy koningskap sal daar geen einde wees nie.
Ons glo in die Heilige Gees, wat Here is en lewend maak. Hy gaan
van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en
die Seun aanbid en verheerlik. Hy het deur die profete gespreek.
Ons glo aan een, heilige, katolik en apostoliese kerk. Ons bely een
doop tot vergifnis van sondes. Ons verwag die opstanding van die
dooies en die lewe vandie toekomstige bedeling.
|
|
|