SAM-News





Maklik die Grootste Afrikaanse buitelug konsert op aarde! Vir die 1e keer moes Innibos die hekke sluit. En toe vat ek daai polities-inkorrekte kans en sing DIE STEM...en 45000+ mense staan op en sing dit soos een man - uit volle bors. Ekself het swaar gesluk. Dat niemand daardie lied vergeet het of ooit sal nie. Ek bars van trots. Dankie.



                     
 




Steve Hofmeyr, sanger en aktivis, het ‘n groot debat op sosiale media ontlok nadat hy Saterdagaand Suid-Afrika se ou volkslied, Die Stem, by die Innibosfees in Nelspruit gesing het.

Hofmeyr het foto’s van die skare en ʼn foto van hom saam met Juanita du Plessis en Bok van Blerk opgelaai en geskryf: “Maklik die Grootste Afrikaanse buitelug konsert op aarde! Vir die 1e keer moes Innibos die hekke sluit. En toe vat ek daai polities-inkorrekte kans en sing DIE STEM… en 45000+ mense staan op en sing dit soos een man – uit volle bors. Ekself het swaar gesluk. Dat niemand daardie lied vergeet het of ooit sal nie. Ek bars van trots. Dankie.”

Rinus van den Berg, ʼn gebruiker op Facebook, was een van die persone wat kommentaar gelewer het. Hy skryf: “Nkosi Sikelel’ iAfrika is mooi maar dit is meer in die kategorie van ʼn gesang as ʼn volkslied. Die Stem is ʼn volkslied in die ware sin van die woord en kom tot sy reg gespeel deur ʼn militêre orkes. Ons Stem vergelyk baie goed met ander volksliedere van oor die aarde.”

Nog ʼn Facebook-gebruiker wat kommentaar gelewer het, is Anrich Albert Marais. Hy skryf: “Hoe pas Die Stem sing in by integrasie in SA? Moet ons nie juis afstand doen van dit wat rusie tussen ons bring nie? Ek vat bv. die NG kerk. Daar kan nie herlewing in die NG kerk wees nie ek glo grootliks omrede dat dit vereenselwig word met die NP en apartheid. Steeds assosieer mense hulle met die goed wat afbreuk aan integrasie en had veroorsaak wat in geweld omsit.”

Steve het egter op Marais reageer en gesê: “Integrasie het ons die mees geweldadigste land gemaak laaaaank voor ek Die Stem gesing het. Ek vereenselwig die nuwe vlag & volkslied dáármee.”

                     
 

  

Die Stem het regmatige plek by feeste, sê FAK

Die (dikwels omstrede) sanger en akteur Steve Hofmeyr. Foto: Argief

KAAPSTAD. - Kultuurliedere soos Die Stem behoort ’n regmatige plek by kultuurfeeste te hê.

Só het die Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) Dinsdag in 'n verklaring gesê. 

Dié is uitgereik na aanleiding van die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr se besluit om tydens die Innibos-fees in Mbombela (Nelspruit) Die Stem van die verhoog af te sing.

Hofmeyr het agterna erken hy het 'n "politiek inkorrekte kans gewaag" deur die lied te sing. Hy het op die Maroela Media-webwerf die volgende te sê gehad: "Integrasie het ons die mees gewelddadige land gemaak la-a-ank voordat ek Die Stem gesing het. Ek vereenselwig die nuwe vlag & volkslied dáármee".

Die sanger is uit verskeie oorde geloof dat hy Die Stem gesing het, maar hy is ook in ​koerantartikels en op sosiale mediaplatforms bygekom omdat baie glo die lied herinner nog aan die ou Suid-Afrika en die dae van rasseverdeling onder die beleid van apartheid.

Die FAK het in sy verklaring sy steun vir Hofmeyr gewys en gesê Die Stem se gewildheid het nie na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 afgeneem nie.

"Soos wat Afrikaners die nuwe volkslied voluit sing, is Die Stem as kultuurlied steeds ’n kosbare kulturele erfenis vir baie Afrikaners. Nasies word gebou deur respek en erkenning van nasionale en kulturele simbole.

“Die Stem behoort erken en gerespekteer te word soos wat die Ou Transvaalse en Vrystaatse Volksliedere erken en gerespekteer word. Die sing van die ou volksliedere (soos Die Stem) beteken geensins ’n heimwee na ’n Suid-Afrika voor 1900 nie," aldus die FAK.

Op sy Facebook-blad het die sanger gesê hy sal nie skroom om weer die lied te sing nie. "Ek sal dit meer sing en ek vra dat die banvloek op ons heiligste tradisionele lied gelig word en dat almal vry mag wees om te sing wat hulle wil, waar hulle wil, solank dit nie haatspraak is of geweld verkondig nie."

Hofmeyr het ook gesê: "Die Stem is 'n gebed, geskryf deur 'n Suid-Afrikaner vir Suid-Afrikaners, twee dekades voor apartheid. Bygesê, ter versagting, ek kan Nkosi(Sikelel’ iAfrika) sing en die nuwe vlag salueer, veral as ons as Suid-Afrikaners presteer, en ek doen steeds, maar moenie my voorskryf oor presies waaroor en wanneer ek trots moet voel nie."

                     
 

  
 
Hoogtyd was onvergeetlik!! Ek sal hierdie spesiale vertonings vir altyd in my hart koester.. Baie dankie vir ELKEEN wat deel was van 'n ongelooflike span agter die skerms! En dankie vir elkeen van julle wat daar was om dit saam met ons te kon deel! Steve.. Jy is en bly 'n superster!! Wat 'n groot voorreg..

My nuwe album "Nashville" behoort van môre af in alle winkels te wees! En ter viering van my 2 miljoen verkope, is al my vorige albums en dvd's op 'n groot "special!" Kyk uit daarvoor!

En Vrydagaand sien ek julle 19:00 by Gerrit Maritz skool in Pretoria!! Kaartjies by hekke beskikbaar!

Hoop julle het almal 'n baie geseënde week verder!
Wees lig! x
 
                     
 

  
Hallo vriende!!

Dis met GROOT opgewondenheid en DIEPE dankbaarheid dat ek vanoggend die goeie nuus vir julle kan gee... My dubbel country album "NASHVILLE" is KLAAR!!!!!!!!!!!!!!!!! Hierdie is een van my grootste drome wat waargeword het... En ek dank my Hemelse Vader onophoudelik hiervoor!!!!

Hierdie nuwe album sal vir die heel eerste keer beskikbaar wees by die "Hoogtyd" vertonings van my en Steve die naweek! Vanaf Maandag behoort dit dan na winkelrakke toe te gaan! So kyk uit daarvoor!! Ek weet julle gaan dit so geniet!!

Die res van die week is ons almal hard besig met die voorbereiding vir die naweek se 3 uitverkoopte shows by Carnival City!! Ek en Steve is baie opgewonde en ons is rerig baie dankbaar vir julle ongelooflike ondersteuning! Vir almal wat vra... die moontlikheid is nie uitgesluit om hierdie vertoning op toer te vat nie... Maar ons sal julle op hoogte hou!

So, hier is hy!!! My eerste volwaardige dubbel country album uit Nashville!!! Yeeeeeeehaaaaaaa!!!
 
                     
 

Goeie more almal!

Vandag is die 14de Mei 2014 en dis 'n dag waarvoor ek nou al so lank uitsien! Vandag word my splinternuwe liedjie, vanaf my opkomende album, "Nashville" vrygestel, so dis 'n groot dag! Julle kan "As vandag my laaste dag is" vandag hoor op die volgende radiostasies regoor die land, so spits julle ore!!

Radio Namakwaland
Bosveld Stereo
Radio Tygerberg
Radio Kragbron
Radio Kosmos (Windhoek)
Radio Rosestad
Lichvaal Stereo
Overvaal Stereo
Groot FM
Radio Helderberg
Radio Laeveld
Bay FM
IFM
East Rand Stereo
RSG
Bok Radio
OFM
VCR
Kingfisher FM
Jacaranda FM

Baie dankie aan al die stasies wat hierdie oomblik vir ons moontlik maak! Ek hoop julle hou daarvan!! Laat weet my wat julle dink

Hier gaat ons!! x
                     
 

  
                     
 

  

Cape Town - A defiant

Steve Hofmeyr has called on his fans to continue singing Die Stem after coming in for some flack over singing the pre-1994 anthem at the Innibos cultural festival in Mbombela.

Hofmeyr was singing in front of a crowd of about 45 000 people. 

A video of the event shows the crowd singing along and cheering and whistling when the song is finished.

Hofmeyr subsequently posted the video and his views on the event on his Facebook page.

He said: "I will sing it more and I ask that the ban on our sacred traditional song be lifted and all may be free to sing what they want, where they want, as long as it is not hate speech or preaches violence."

The Afrikaans singer said Die Stem was legal, did not contain hate speech and was written by a South African for the country two decades before apartheid.

Die Stem is a cultural song that has a place in a post-apartheid South Africa, the Federation of Afrikaans Cultural Associations (FAK) said.

FAK managing director Danie Langner said the song, initially written as a poem by CJ Langenhoven in 1918, remained a precious cultural heritage for many Africans.

"Cultural songs should have a proper place at cultural festivals... nations are built through respect and recognition of both national and cultural symbols."

‘Hofmeyr’s reasoning’

In an editorial titled "Are our memories so short?" in the Beeld newspaper on Tuesday, editor Adriaan Basson criticised Hofmeyr's reasoning.

"Steve can say what he wants but the comments on social media speak for themselves. For thousands of people his singing of Die Stem was a reminder of the 'good old days' of apartheid, when the white man was boss and blacks were working class," he said in Afrikaans.

"It is a beautiful poem and Langenhoven was one of our best writers ever... but it would be extremely naïve, if not dishonest to the song to try and loosen its political significance."

Basson said the song unfortunately represented a system of white-on-black oppression for most citizens and was as inseparable from apartheid as the Blue Bulls song was from Hofmeyr.

He wondered whether people were again being deceived by a leader, this time with a guitar in hand.

Scrapping Die Stem

According to FF Plus spokesperson Anton Alberts, the Economic Freedom Fighters (EFF) on Tuesday called on Parliament for the Die Stem portion of the national anthem to be scrapped.

He said EFF MP and national spokesperson Mbuyesi Ndlozi made the comment during a joint meeting of the portfolio committees for Communication and Telecommunications and the Postal Service in Parliament on Tuesday.

Ndlozi was not immediately available to confirm whether he had made the comment.

"They have to realise that they are playing with fire by targeting minorities and in particular the Afrikaners and that it is time for them to grow up and practise responsible politics to the advantage of all South Africans," Alberts said.

"This means on a national level that there is room for a conciliatory national anthem which exists at present and at cultural events of different cultural groups in South Africa people may sing that which is dear to their hearts without harming anybody else."

He said citizens should tolerate cultural songs as much as they did freedom songs.

Mixed views

Users on social networking site Twitter had mixed views.

Author and columnist @MaxduPreez commented: "Oor Steve Hofmeyr wil ek net een ding se: Goddank, ons is nie almal so nie" [On Steve Hofmeyr, I just want to say one thing: Thank goodness we're not all like that].

News24 editor-in-chief Jannie Momberg (@JannieMom) said he personally would never have included Die Stem as part of the new national anthem after 1994.

Erna, known as @HSPieterse, said: "Hoop ons hoor Die Stem as Bonus op jou volgende CD! Flippen nice, hoor!" [Hope we hear Die Stem as a bonus song on your next CD. Flipping nice!].

Another user wanted to know why it was okay to sing the song at a rugby Test match with 45 000 people but not at a cultural festival with the same crowd size.

Asked what the ANC's view was on the incident, national spokesperson Zizi Kodwa said he was not immediately available to comment as he had been in a workshop all day.

He said a statement was likely to be released later on Tuesday.

                     
 

 
  

Vanaand begin die verlange na my twee klein seuntjies my opkeil. Oproepe is nie meer dieselfde nie en ek dink dit is die langste wat ek ooit van hulle weg was. Ek het hulle 'n maand laas gesien en ek wonder skielik hoe dit voel om jou kinders of ouers te groet wat immigreer.
Toe kom die grootste konsert op onse wêreldtoer nog...
Op die noord eiland van Nieu-Zeeland is Auckland, Stad van Seile, een van die top 10 stede in die wêreld om in te woon. Hierdie was destyds my eerste en grootste OZ/NZ konsert totdat Perth deur sy nate begin bars het. Toe het die gerugte al geloop dat Afrikaans hierdie stad se tweede grootste taal was. Ek wonder of dit nog so is.
Hier is die reël:
Na een jaar diekant - is dit nog bitter seer en jy twyfel of jy moes.
Na twee jaar - skiet jy eers werklik wortels en maak vrede met jou gesplete hart (soos Elisabeth Eybers).
Na drie jaar - eers teen dié tyd dink jy dis die moeite werd en begin jou besigheid vrugte werp, moontlik minder as wat jy gehoop het. Jy verlang steeds, jou Engels verbeter maar jy skrik vir jou eie aksent. Jy sê: See ya ladder (see you later) en G'bye maait (good bye,mate).
Hier is ook gebruike wat nie sal werk in MzanziSA nie. Soos die Honesty Box. Jy stal jou tuin se groente en vrugte uit voor in die straat in 'n houtrakkie. In jou afwesigheid sal mense stop, kies wat hulle wil hê en 'n geldjie in die piering los. Nou dít sal nóóit by ons werk nie. Jy sal voor 11am jou groente, jou geld en jou piering kwyt wees!
Eenduisend Suid Afrikaners kom vat vyf, bring hulle kinders en 'n paar ou foto's saam. Ek ontmoet ou vrinne, Jan, Maureen en Janine Swart, destyds uit Pringlebaai se wêreld. Daar's Standertonners, Durbanniete, Winburgers en Wellingtoners. Ons 'reminis' bietjie.
My Janine is vrot van die verkoue. Ek laat haar in die hotel agterbly. Dis die weer en die klein spasies wat ons met soveel ander reisigers deel. Ek verstaan nou hoekom Chinese daai wit mondmaskertjie dra. Michael Jackson het ook. Maak sin, as jy nie elke Maandag siek wil wees nie.
Auckland sal ek nie vergeet nie. Armand ook nie. Ek ken al die biere uit sy kop uit!!
Christchurch môre. Ysig.

                     
 

 
 
lianie May
Brakpan L/Skool Dalview kyk hoe awesome is julle,so baie wonderlike mense wat ons kom ondersteun het, ek lief julle! Dis 'n voorreg! Sing vir julle met liefde! Love julle! Wow!

                   
 

  
"Op 30 voel ek goed
Word ek bygestaan
deur my verlede
eerder as vervolg..." (uit Valkuns)

Dêmnation. Kan dit 20 jaar later wees? Op 30 het ek natuurlik vele planne gehad wat ek vanoggend, op my 50ste, van afskeid moet neem. Soos om 'n derde taal te leer, om 'n bodybuilder te word, 'n biljoenêr en 'n wêreld-bekende atleet. Ja, ek's bewus van wonderwerke, maar selfs hulle is in tyd vervang: met die gerusstellende wete dat ek seker vir altyd onseker sal wees oor alles behalwe my kinders en die volume liefde in my lewe. Dat die totaal van my ervaringe net myne is en dat ek die som daarvan is, die goed en minder goed. Dat ek oud genoeg mag word om soos my moeder my kinders te mag sien 50 word en my vrou mag omhels solank ek hierdie arms in die lug kan hou.
Eintlik is ek 'n biljoenêr.
Net nie die tipe wat ek voor gehoop het op 30 nie.
*
Dankie vir letterlik duisende goeie wense van regoor die planeet. Janine bederf my half simpel. Stormagtige dag hier op Bazaruto eiland maar darem warm. Ek's 50! Hiehaa! Rumatiek en skete! Hiehaa. Brille en pille.Hiehaa. (Hoe de hel vier mens 50?)
Ek sit in die wifi hoekie en lees die mooiste gelukwense van vrinne en vreemdelinge. Dankie my vroutjie vir die mooiste weergawe van Hêppie Birthday. Ek weet jy sing NOOIT.
Ek's Maandag terug ini tuig.

Kliek hier as jy saam my wil onthou...
www.youtube.com/SteveHofmeyrTV

Dankie vir die mooi video van gelukwense, ook onder.

Dankie duisend...
Steve
                     
 

Steve Hofmeyr

 
 
"Op 30 voel ek goed
Word ek bygestaan
deur my verlede
eerder as vervolg..." (uit Valkuns)

Dêmnation. Kan dit 20 jaar later wees? Op 30 het ek natuurlik vele planne gehad wat ek vanoggend, op my 50ste, van afskeid moet neem. Soos om 'n derde taal te leer, om 'n bodybuilder te word, 'n biljoenêr en 'n wêreld-bekende atleet. Ja, ek's bewus van wonderwerke, maar selfs hulle is in tyd vervang: met die gerusstellende wete dat ek seker vir altyd onseker sal wees oor alles behalwe my kinders en die volume liefde in my lewe. Dat die totaal van my ervaringe net myne is en dat ek die som daarvan is, die goed en minder goed. Dat ek oud genoeg mag word om soos my moeder my kinders te mag sien 50 word en my vrou mag omhels solank ek hierdie arms in die lug kan hou.
Eintlik is ek 'n biljoenêr.
Net nie die tipe wat ek voor gehoop het op 30 nie.
*
Dankie vir letterlik duisende goeie wense van regoor die planeet. Janine bederf my half simpel. Stormagtige dag hier op Bazaruto eiland maar darem warm. Ek's 50! Hiehaa! Rumatiek en skete! Hiehaa. Brille en pille.Hiehaa. (Hoe de hel vier mens 50?)
Ek sit in die wifi hoekie en lees die mooiste gelukwense van vrinne en vreemdelinge. Dankie my vroutjie vir die mooiste weergawe van Hêppie Birthday. Ek weet jy sing NOOIT.
Ek's Maandag terug ini tuig.

Kliek hier as jy saam my wil onthou...
 
 
 
 
 

Dankie vir die mooi video van gelukwense, ook onder.

Dankie duisend...
Steve
                     
 

  

(Stefanie) Steve Hofmeyr het na bewering ’n liedjie wat hy saam met Sonja Herholdt opgeneem het vir sy jongste Toeka-album op die nippertjie van die CD laat verwyder toe Herholdt dit gewaag het om die insluiting van “Die Stem” op die album te bevraagteken.

Dieselfde lot het Billy Forrest, 74-jarige countrylegende, getref.

Toeka 3 is die jongste CD in Hofmeyr se gewilde reeks waarop hy duette saam met ouer (en dikwels vergete) kunstenaars sing.

Volgens ’n bron in die musiekbedryf het Herholdt in ’n e-pos aan Hofmeyr se platemaatskappy, Universal Music, gevra of dit wys is om ’n lied “met ’n politieke aanslag” in te sluit. Hierop het Hofmeyr glo min­agtend gereageer en ’n beledigende SMS gestuur waarin hy sê Herholdt is “maklik vervangbaar”.

Forrest, ’n countrylegende wat sy eerste langspeler reeds voor Hofmeyr se geboorte opgeneem het, het aan Rapport gesê hy weier om by Hofmeyr “gat te kruip” en sê reguit as hy nie saamstem met iets wat dié sanger doen nie. “Ek wil nie geassosieer word met ‘Die Stem’ nie. Dit is ’n baie sensitiewe lied en ek het ook baie swart ondersteuners.”

Forrest beskuldig Hofmeyr van “gierigheid” weens sy besluit om nie die kunstenaars wat hom met Toeka 3 gehelp het saam te neem op toer nie.

Sonja Herholdt het begin vrae vra oor die gepastheid van “Die Stem”.

“Ek het aan die Toeka 1- en Toeka 2-album deelgeneem en Steve het ons saam op sy toere gevat. Dit was goeie publisiteit en het my loopbaan weer op dreef gekry.”

Hy sê dié keer gaan Hofmeyr “net amateuragtige videomateriaal van ons in sy vertonings speel”. Hulle is net geregtig op die tantième op die CD-verkope. Forrestsêhy verloor finan­sieeldeur sy besluit, “maar ek doen wat reg is”.

Gert van Tonder, wat destyds saam met Sias Reinecke lid was van die gewilde Groep Twee, sing ’n duet saam met Hofmeyr op Toeka 3, maar sê hy het nie ’n probleem met “Die Stem” nie. “Dit is net nog ’n nostalgiese lied.”

Anton Goosen sê hy sing die middelste versie van sy treffer “Kruidjie-roer-my-nie” saam met Hofmeyr. Hy sê die opname is gemaak “lank voordat Steve met ‘Die Stem’-manewales begin het”.

Hofmeyr het nie op Rapport se navrae gereageer nie. Universal Music het ontken dat Forrest of Herholdt gedreig of beledig is. Herholdt wou nie kommentaar lewer nie.

■ Hofmeyr het Sondag getwiet: “Ek ‘los’ niemand. Drie oues het ONTTREK. Twee daarvan oor Die Stem. Liedjies bly.”

                     
 

  




Geen koerante vir my vandag. Geen lawaai. Ek luister na die fyn frekwensie van sagte vlae reën op my oorskulp en applous van druppels op my dak. Die engele toi-toi 'n reinigingswals. Reën dit by jou of reën dit in jou...
*
Wat 'n maand. Wat 'n jaar. Dankie vir Toks&Tjops, Hemelbesem se rap-projek, die Grootfm vrystelling en vele ander stasies se ondersteuning. Dankie vir Toeka3 se maand op nommer een (SA top20) en dank aan Pierre de Charmoy en Afrikaans Is Groot. Dankie vir vrinne deur dik en dun. Dankie vir jou vreesloosheid.
*
Naspers probeer my 'n rassis maak deur my pal een te noem. Dit kan ongelukkig nie werk nie. Ek mag onderskei tussen rasse maar ek maak geen vooroordele op nie. Sê my as ek doen.
*
Koch se verhoor is Donderdag. Sy 70 bladsye verweer is irrelevant as hy nie kan verduidelik dat sy aksies en vulgêre inskrywings NIE teistering is van my en my besigheidsvennote nie. Eenvoudig. Hy is gelukkig. Hy kry 'n hof. Ek is gejudge, gejury en ge-execute daarsonder. My besigheid kan nooit weer herstel nie. Ek aanvaar dit maar so. Koch s'n sal presteer.
*
Natuurlik kan hy wen Donderdag. DIT IS DAN DAT EK JOU HULP GAAN INROEP: oopseisoen op almal wat my boikot, in enige taal wat jy wil. Want die hof sê so. Ek staan solank by met elke boikotter en sy ouma se telefoonnommer, van radiostasies tot TV kanale tot motorhandelaars en koerantredakteurs, metrorade en feeskomitees. Ek plaas dit hier en ons bel hulle dag en nag. Vra hulle uit oor hul seksuele voorkeure, godsbeskouing en enige ander grondwetlike assosiasies. Straf hulle as jy goeddink. Of deel met hulle enige groot kragwoorde wat jy ken...
*
(Soms hoop ek stil-stil Koch wen...hiehie)
*
'Afrikaans is Groot' is bykans verby. Die grootste nog. 80 000 kaartjiekopers het gepraat. Ons het geluister. Nee, ek kon nie Die Stem inkry nie maar sal op 6 Desember. 17h00. Big Top Arena. Carnival City. Kaartjies by Computicket vanaf R130. TOEKA3 met gaskunstenaars. Ek wag al van 2005 af vir dié geleentheid. Ek kry jou daar. Dan groet ons 2014 in styl.
*
As jy nog nie TOEKA3 het nie, is jy geensins gepantser vir Kersfees nie. Luister SIT DIE LIGTE AAN of hoor weer die goue stemme van Pierre de Charmoy, Danie Botha, Fanie de Jager, Gé Korsten, Clive Bruce en Cindy Alter. En natuurlik. Soos hy moet klink. In al sy glorie. Die Stem.
*
Ek woon dié jaar die Geloftefees by (te Verkykerskop, Bo-cornelisrivier) en wonder of jy weet van enige in jou omgewing. Doen dit bietjie. Voel deel van iets groots. Voel voltooing. Voel veilig. Voel lewendig.
*
Dankie dat jy my deur 'n swaar dog suksesvolle en opwindende jaar gedra het. Sonder jou stop ek gou. Jy is my suurstof en stamina. Ons het 'n saak. Oorgee is NOOIT 'n opsie nie. Dankie.
Steve






                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

 
  
                     
 

 
 
  
                   
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

 
  
                     
 

 
 
  
                   
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

 
  
                     
 

 
 
  
                   
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

 
  
                     
 

 
 
  
                   
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

  
                     
 

 
  
                     
 http://samusicawards.co.za/
20TH ANNUAL SA MUSIC AWARDS

  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden