Leah

 


My Naam is Leah


Biografie

Met ’n nuwe klank wat ’n ander sy van Afrikaans ten toonstel, bring Leah, gebore en getoë in Bellville, Kaapstad se noordelike voorstede in die kollig as die oorsprong van alles wat vars is – en musiekliefhebbers gaan mal wees daaroor!

“Ek gaan stroom-op,” vertel Leah van Niekerk. “Ek wil hê my musiek moet mense wys Afrikaanse musiek het meer om te bied as wat hulle verwag. My klank is totaal bekend en gemaklik maar daar is ook die subtiele nuanses wat die evolusie aanvoer van musiek wat ek baie liefhet.”

Sy is nie net toegerus met ’n 14-snit debuut wat vroeg in 2015 die lig sal sien nie – Leah is ook ongelooflik goed gekwalifiseerd op vele vlakke. Sy het ‘n BCom (Regte) agter haar naam en opleiding aan die Waterfront Teaterskool, en het grootgeword in ’n huis gevul met deuntjies van haar pa se keuse. “Musiek is in my bloed,” voeg sy by. “Albei my ouers ondersteun my geweldig. My ma was nog altyd ’n voorstander daarvan dat ek eties and eerlik is in alles wat ek doen, wat dalk vreemd mag klink – maar dit is eienskappe waaraan ek hard werk en oral toepas.”

Ná inskrywings in ’n magdom musiekkompetisies, met TV-advertensiewerk tussenin, het Leah se groot deurbraak gekom in die vorm van modelwerk: sy is raakgesien in November 2011 in Rapport se Model van die Jaar-kompetisie wat sy ook gewen het. Kort daarna het die vermaarde liedjieskrywer Johan Vorster haar hoor sing en onmiddellik aan die werk gespring om haar binne maande ’n opnamekontrak te verseker.

Terwyl sy gewerk het aan haar langverwagte solo-debuutalbum, is die sangeres, wat in haar twintigs is en onlangs getroud is, ook genooi om in die hoogs-aangeskrewe silwerskermsukses As Jy Sing te sing en toneel te speel. “Dit was ’n ongelooflike ervaring. Soveel so dat ek elke oomblik geniet het en dit met liefde weer sal doen,” deel sy mee.

Johan en Christof Kotze het 13 van die 14 snitte geskryf op hierdie koel versameling saamgeselsliedjies wat Leah se toetrede verteenwoordig. Die uitsondering is Leah se betowerende interpretasie van Christina Perri se trefferenkelspeler “A Thousand Years”.

“Wat ek doen is meer kontemporêr as pop,” verduidelik Leah. “Dink aan vroëe Rihanna, gemeng met ’n bietjie Jason Mraz, ‘n tikkie Jack Johnson daarby, met ’n groot skep passievolle organiese varsheid, en dan kom jy hopelik by my uit.”

Snitte soos Ek Moes Jou Gesoen Het, met Bobby van Jaarsveld as gaskunstenaar, getuig van Leah se vernuf, van begin tot einde. “Ek wil net optree en musiekmaak,” gee sy toe. “Toe ek grootgeword het was Laurika Rauch and Karen Wessels se Hoe Durf Jy name en liedjies wat so by my aanklank gevind het dat ek hulle navolg en alles waarvoor hulle en hul musiek staan. Maar hierdie keer lewer ek dit op my eie terme.”

Sy is popmusiek se mezzo-soprano, behendig en tersiêr opgelei – Leah is alles behalwe ’n oornagsukses of ’n verskietende ster. Wat sy is, is 100% oorspronklik, dapper en krities oor musiek wat vir vele ander week in en week uit deug as agtergrond vir partytjies. “Ek dryf myself elke liewe dag, wat my stem betref, fisies en emosioneel, om my beste te gee in alles wat ek doen,” deel sy mee. “Anders, wat is die punt?”

Om haar stembande uit te daag, en haar gehoor saam te nooi vir die uitstappie is iets waarin Leah uitblink. “Ek beoog altyd om my luisteraars op ’n reis te neem,” vertel Leah. Stel jouself voor ’n hoë C, klavier, ’n bietjie ligte kitaar, en funky, ongewone en totaal moderne vertolkings van die wêreld om haar – Leah het bewys sy is die ware Jakob, selfs voor die eerste van baie nommer-een treffers sy merk vind.

“Ek het grootgeword en geniet my lewe,” sluit Leah af. “Ek is meer volwasse as toe ek in die musiekbedryf begin het. Vandag is ek gevestig en geheel en al betrokke by wat ek wil behaal. Ek weet wat ek wil hê en daarmee saam kom insig en die besef dat dit die moeite werd is om te wag vir goeie dinge.”

Baie soos Leah se toetrede tot wêreldwye sukses.



 


logo klein

Corne Oosthuizen
CO Productions

012 751 3601
corne@coproductions.co.za / tanya@coproductions.co.za

Media en Onderhoude:
Jenny Griesel
Johan Vorster Songs

076 129 9280
Jenny@johanvorstersongs.co.za




 

ROOI BOK SOKKIE EVENT IN BELGIUM 2015
WEB PAGE TITLE GOES HERE
 

 



 



 

 

 
 

 

 

 

 





 

 


 

 







  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden