Singers Fan Page



Bok van Blerk - Sing Afrikaner Sing



 


STEVE HOFMEYR - God Se Bedelaar




Boer - Louis Fivaz



Louis Fivaz & Liza Bronner - Sonder jou



Nádine - Light In The Sky


Nádine - Skilder

WEB PAGE TITLE GOES HERE

Nádine - Tyd

Nádine - Eindeloos

Nádine - This Time I Know It's For Real

Nádine - Ek Haal Weer Asem

 



Bok van Blerk - Land van Melk en Heuning

Louis Fivaz - Skaakmat

Bobby en Juanita sing Ons koning kom



Ons Koning kom



 

 




 










 




   

Bok Van Blerk - Beroemde Afrikaanse Sanger

Louis Andreas Pepler beter bekend as Bok van Blerk is 'n Afrikaanse sanger wat van Pretoria af stam. Bok van Blerk was in die boubedryf vir sewe jaar voordat hy 'n profesionele Afrikaanse musiek loopbaan begin het. Bok van Blerk is een van daai Afrikaanse musiekante wat altyd 'n kitaar by hom het en getokkel het waarookal hy was.

Bok van Blerk se grootste Afrikaanse treffer tot dus ver is definatief "De la Rey" wat oor die Boere oorlog gaan. Bok van Blerk se De la Rey treffer was ook in 'n Afrikaanse musiek video gemaak waar gebeurtenisse van die oorlog af loop.

Bok van Blerk se Afrikaanse album "De la Rey" het tot dusver naby aan 200 000 albums verkoop wat een die mees verkoopte albums in Afrikaans geword het.

Bok van Blerk se nuutste Afrikaanse album is getietel "Afrikaner Hart" se het al klaar dubbel Platinum status bereik.

Van Bok van Blerk se Afrikaanse treffers sluit in:

  • De la Rey
  • Afrikaner Hart
  • Vodka en Oj
  • My Kreet
  • Praat nog steeds my taal
  • Hatfield Jol
  • Die Bok kan Bler
  • Op Walvisbaai
  • Super Schalk
  • Brandewyn het nie brieke nie
  • Klaar met my
  • Die Kleur van my Vel
  • Pa en Seun
  • 'n Goeie man
  • Konyne
  • Anderkant die treinspoor
  • Bloubul Shebeen
  • Honnelos
  • Platteland

Adam Tas - Beroemde Afrikaanse Sanger

 

Die naam Adam Tas verwys nie vandag na die vader van geskrewe Afrikaans van die 1600s nie, maar die gewilde Afrikaanse sanger wat groot opskudding in die musiekbedryf maak met sy Afrikaanse musiek. Van ‘n klein begin in Hatfield, Pretoria tot ‘n Guiness Wereldrekord sing Adam Tas Afrikaans met sy “Rock” ondertoon menigte se harte warm. Maar Adam Tas se toekomsplanne het nooit Afrikaanse musiek ingesluit nie, waar ‘n fietsongeluk Adam Tas se liefde vir die kunstipe gekweek het.

Adam Tas is op die 25 Augustus 1981 in Pretoria gebore. Adam Tas het by Afrikaanse Laerskool Garsfontein sy skoolloopbaan begin en by Afrikaanse Hoerskool Garsfontein dit voltooi. Na skool het Adam Tas vir ‘n kursus in joernalistiek by Unisa ingeskryf en is selfs vandag ‘n gekwalifiseerde wildbewaarder. Afrikaanse Musiek was egter steeds nie op Adam Tas se agenda nie, waar hy eintlik gedroom het om vir die Blou Bulle rugby te speel. 

Dit was egter na Adam Tas met sy fiets ‘n ongeluk gehad het dat hy met Afrikaanse musiek in aanraking gekom het. Vir weke was Adam Tas bedlêend en het hy sy kitaar opgetel om homself besig te hou. In die tyd het Adam Tas homself geleer kitaar speel en sy gewilde rasperstem ontwikkel. So het Adam Tas se passie en ‘n hongerte vir Afrikaanse musiek begin groei en hy het musiekvertonings van ander kunstenaars bygewoon. Een bekende Afrikaanse sanger, Valiant Swart se optrede was die laaste spykerhou wat Adam Tas nodig gehad het om sy eie Afrikaanse musiekloopbaan te begin.

Nes enige struikelende Afrikaanse musikant het Adam Tas alleen in Hatfield se kuierplekke opgetree en so sy stempel onder veral die studente gedruk. Adam Tas se eerste album, “Memories in ‘n menthol” het soos soetkoek verkoop. Adam Tas het nie net ‘n warm stem nie, maar ook ‘n talentvolle skrywershand. Die liedjies op Adam Tas se albums is oorspronklike treffers wat hy self geskryf het. Slegs vier liedjies op al drie sy album is nie sy eie skeppings nie. Sy tweede album “Springbok Radio” was net so gewild en liedjies soos “Boeremeisie” is steeds op mense se lippe.

As gekwalifiseerde wildbewaarder, teel Adam Tas ook saam met sy pa met verskeie diere op hulle plaas. Hulle teel met nyalas, swartwitpense en beplan ook om binnekort buffels aan te skaf. Adam Tas is lief vir die plaas en is ook handig met ‘n jaggeweer. Hy sal graag eendag sy eie plaas wil besit en die boerdery voortsit, met ‘n sweep in die hand nes sy oorlede oupa vir hom geleer het.

Min mense kan se dat hulle naam in die Guinness boek van wêreldrekords verskyn. Adam Tas het in 2010 in 24 uur by 41 verskillende plekke opgetree en so sy plek in die gesogde boek verdien. Verder is Adam Tas baie beskeie en glo sukses lê in vroeg opstaan en laat gaan slaap, asook om tweekeer harder as jou grootste teenstander te werk. Adam Tas is altyd eerste om ‘n grappie te maak en is trots daarop dat hy eerste in sy Graad 1 klas gestaan het.

Vriende op skool het hom as ‘n goeie akteur beskou, maar Adam Tas het besluit om sy stem dik te maak en eerder te sing. Maar wie weet, miskien is Adam Tas net onbewus van sy gewildheid en maak hy tog eendag sy verskyning op ‘n bekende Afrikaanse program.

Adam Tas het ook al voor ‘n gehoor van 6 500 mense by die “Raw Rocks” konsert in Sun City opgetree en beskou dit as sy mees onvergeetlike oomblik.

Adam Tas se nuwe album “Storm van Liefde” is op die rakke!  Daar was reeds ‘n stem peiling op Afrikaanse radio stasie RSG se program ‘reg of weg” vir die titelsnit liedjie wat ‘n uitmuntende 95% JA stemme ontvang het. Die smse het so vinnig ingestroom dat die “servers” “gecrash” het en hul eers moes wag voor hul uitslae kon gee. 

Adam Tas is goed oppad om al sy drome te verwesenlik en sal graag saam die voorsanger van Dire Straights, Mark Knoefler wil optree. Maar tot dan sal Adam Tas nie rus tot hy meer albums as Steve Hofmeyr en Theuns Jordaan saam verkoop het nie. Met ‘n nuwe album en ‘n besonderse liefde vir Afrikaanse musiek kan ‘n mens nog groot dinge van Adam Tas verwag.

Live bands is trots om Adam Tas op ons boeke te he.

Van Adam Tas se treffers sluit in:

  • Storm van liefde
  • Te beautiful vir my
  • Wat moet 'n mens da doen
  • Is dit hoe die hemel lyks
  • Kersfees in Afrika
  • Manzi-Manzi
  • P.S. I love you
  • Skilpadtepel
  • Sneeuman
  • So verlief
  • Ben Bycicle
  • van 'n druppel tot 'n brander

Anton Goosen - Beroemde Afrikaanse Sanger

Anton Goosen het 'n lang pad gestap vandat hy as student per trein gereis het van Heidelberg waar hy studeer het, na Oos-Londen om 'n 15-minute set te doen by 'n plaaslike verskeidenheidskonsert. Die jong Anton Goosen het hoofsaaklik Engelse covers gespeel en dit is nie bekend of enigeen in die gehoor besef het watter impak Anton op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf in die algemeen en meer spesifiek die Afrikaanse musiekbedryf gaan hê nie.

Daar was sekerlik skeptici. Reeds in std. 9 het 'n skoolsielkundige vir hom gesê dat daar geen toekoms vir hom in musiek is nie. Dit was na hy op skool begin musiek speel het, sterk be?loed deur liedjies soos johnny b. goode van Chuck Berry, I can't get no (satisfaction) van die Rolling Stones en She loves you van die Beatles.

Na skool met geen onmiddellike musikale loopbaan in die vooruitsig nie het hy homself as onderwyser bekwaam en ook dan onderwys by St. Stithians gegee terwyl hy saans in kroeë speel. Tydens sy termyn by St. Stithians skryf hy 'n musiekblyspel Jantjie wat deur die leerlinge opgevoer word.

Anton verlaat die onderwys in 1976 en begin as deeltydse resensent by die nuutgestigde Beeld werk. Hy gee in die tyd ook kitaarklasse en pottebakkeryklasse. Sy eerste onderhoud as beeld se musiekresensent was met die relatief onbekende Sonja Heroldt, wie se Ek verlang na jou toe pas begin het om gewildheid te verwerf. Tydens die onderhoud noem anton aan sonja dat hy ook liedjies skryf en na sy hom by sy huis besoek het, en deur sy liedjieversameling geblaai het, kies sy Jantjie om te sing en dit word haar tweede groot treffer.

Dit was die begin van 'n suksesvolle werksverhouding wat vir byna vier jaar geduur het. Anton het in die tyd byna eiehandig al die musiek vir Sonja se albums geskryf. Waterblommetjies, Harlekyn, Hanoverstraat, Trein na Matjiesfontein, Ta' Mossie se sakkie-sakkie boeredans en Oberammergau is net van die treffers waarmee Sonja Heroldt die treffersparades en toekenningsaande verower het.

Anton skryf nie net vir Sonja nie, maar skryf ook liedjies soos Hoeka toeka vir Carike Keuzenkamp, Straattroebadoere en Atlantis vir Laurika Rauch terwyl Richard Clayderman en Francis Goya beide Waterblommetjies opneem.

In 1979 skryf Anton die temamusiek vir die rolprent Pretoria o Pretoria. Die temalied uit di?olprent, die oorspronklike weergawe van Kruidjie-roer-my-nie word binne vier dae na uitreiking verbied. Dit begin 'n lang reeks van SAUK inperkings vir Anton Goosen. Anton herskryf die lirieke van kruidjie en die kortspeler van nuwe liefdesweergawe verkoop 40 000 eenhede. (Terloops die b-kant van die kortspeler was Waterblommetjies). Hierdie is die eerste kommersieël suksesvolle opname van Anton Goosen.
In dieselfde jaar reik hy sy eerste album uit, wat ook die eerste Afrikaanse album ooit deur 'n sanger was wat sy eie liedjies in Afrikaans geskryf het. Die inspirasie het gekom nadat Chris Kritzinger in sy kantoor teenoor vir Anton gesê het dat hy 'n album moet maak; iets soos Donovan.

Boy van die suburbs verkoop 80 000 eenhede - gewis nie sleg vir iemand wat geen toekoms in musiek het nie. Op die album breek Anton nog nuwe grond vir Afrikaans. Blommetjie-gedenk-aan-my word algemeen beskou as die eerste rocksong in Afrikaans en die rigting wat Anton hierna ingeslaan het besorg later aan hom die eretitel "Vader van Afrikaanse rock".

Maar Anton het nie net die musiek van rock na Afrikaans gebring nie. Die protes teen die status quo wat altyd onderliggend aan rock is, was ook deel van Anton Goosen se bydrae. Antjie Somers en Hanoverstraat is van die eerste liedjies in Afrikaans wat teen gedwonge verskuiwings geprotesteer het. Mpanzaville opgeneem deur Laurika Rauch dra sterk verwysings na die Soweto-onluste. Die ATKV verbied Anton om by hulle verhoë op te tree na hy grappies tydens 'n crescendo-optrede in die Stadskouburg oor die nasionale vlag gemaak het. Die verbod word later onder druk opgehef. Hy skok ook die gehoor by 'n kulturele konsert by Unisa toe hy met 'n rockband opdaag vir sy optrede. Sowat 300 van die 1200 mense in die gehoor loop uit tydens die drom-solo.

In samewerking met onder andere Laurika Rauch, Koos du Plessis en Clarabelle van Niekerk begin Anton in 1979 die musiek en liriekbeweging. Dit is al oor die tydperk gesê dat Afrikaanse musiek in twee kategoriee verdeel kan word. Dit wat voor Anton Goosen gebeur het en dit wat na Anton Goosen gebeur het. Hy wen ook twee Saries in die tyd.

Anton verlaat later die musiek en liriek beweging en vir meeste van die tagtigs sal hy voortbou op die rockgrondslag wat in die laat sewentigs gelêë is. Uitgebreide toere deur Suid-Afrika en Namibië volg in die tagtigs en hy verkoop oor die 400 000 plate.

In 1983 doen Anton die regie van Wildebeest, die eerste Afrikaanse rockalbum. Anton vestig homself as 'n suksesvolle producer en die talent van hom sal veral in die negetigs na vore kom toe hy die baie suksesvolle Elke boemelaar se droom produseer vir Koos Kombuis en ook die krities geloofde Om te Breyten album.

In 1985 sluit Anton 'n platekontrak met Peter Gallo op 'n melkbottel. Dit is die begin van 'n verbintenis wat nou nog stewig staan. Nog twee suksevolle albums volg: Lappiesland en Liedjieboer innie city/stad. In die albums verken Anton, wat toe pas na Gansbaailapa, sy plasie langs die Hennopsrivier getrek het, sy etniese oorsprong. Jare hierna sou hy op die "Putonnerwater" album die song Gansbaailapa aan sy ondersteuners bekendstel.

In 1989 slaan Anton 'n nuwe rigting in, saam met Lukas Maree, Helena Hettema en Karlien van Niekerk stig hy die groep die Kommissie van Ondersoek - 'n tong in die kies verwysing na die vele kommissies wat die Nasionale Party tydens hulle bewind saamgestel het. Die liedjie Winde van Verandering word onmiddelik deur die SAUK verban. Die liedjie loop die geskiedkundge gebeure van 2 Februarie 1990 vooruit. Toe die SAUK snuf in die neus kry van die veranderinge wat kom, ontban hulle die liedjie en Winde van Verandering word 'n radiotreffer.

Ook in die jaar stel Anton Goosen die 19-jarige Ansie Kamfer, 'n politiese aktivis, as sy bestuurder aan. Sy vertroue in haar word beloon toe sy 'n jaar later Houtstok reël en daarin slaag om met haar eerste probeerslag 22 000 mense by 'n Afrikaanse musiekkonsert te kry. Dit is tot op datum die grootste Afrikaanse musiekfees nog. Die FAK se fees by die Voortrekkermonument op dieselfde dag word deur slegs 15 000 mense bygewoon. Soos met die musiek-en-liriekbeweging vantevore, bevind Anton Goosen hom weereens op die lempunt van Afrikaanse musiek se ontwikkelling. Die CD van die Houtstok-fees opgeneem deur Peter Pearlson vang die gees van die geleentheid vas.

Tussen 1990 en 1992 werk Anton Goosen aan Danzer. Hy toer ook saam met rockbands soos Jack Hammer en die Backwater Blues Band. Die titelsnit van die Danzer album "Dancer" waar Anton en Lucky Dube saamsing haal gelyktydig die nommer een posisie op die 5 FM treffersparade asook Radio Metro. Nie net was die album 'n kommersiële sukses nie, kritici was ook gaande daaroor. Insig noem die album die beste ooit in Suid-Afrikaanse musiek.

Gedurende die res van die negentigs reik Anton nog 'n nuwe album, Bushrock uit. Riviersonderend en Putonnerwater - Anton se twee greatest hits albums word ook in die tyd uitgereik. In die laat negentigs neem Anton tyd om homself te herontdek. Hy bou sy huis klaar en reis deur Afrika.

In 1999 begin hy weer met lewendige optredes. Sy gehoor bestaan nou ook uit lede van 'n nuwe geslag wat nog kinders was toe Anton op die toneel verskyn het. Heelwat van hulle was nog nie eers gebore toe Anton Boy van die suburbs uitgereik het nie. Anton se musiek word nou ook 'n brug tussen die generasies.

Ouderdom maak Anton nie minder beginselvas nie. In 1999 weier hy om 'n prys van die ATKV te ontvang omdat hulle ook mense beloon wie se werk hoofsaaklik uit vertaalde Engelse liedjies bestaan. Anton voer die stryd teen vertalings en die mense wat op verhoë verskyn met backtracks. Gedurende 2002 word die stryd tot 'n punt gedryf met die backtracks brigade onder leiding van Steve Hofmeyr wat Anton Goosen takel op hoofsaaklik Litnet, maar later ook in die koerante. Die bloedneus wat Steve Hofmeyr op Litnet kry laat hom 'n vendetta begin teen Anton Goosen wat hy eindig deur Anton 'n selfmoord in die Hennopsrivier toe te wens. Anton ignoreer hom, maar verskyn darem by KKNK 2003 in 'n t-hemp wat met Hofmeyr die draak steek.

Vis in die bos wen in 2002 vir Anton Goosen 'n SAMA vir beste album. Die album word deur kritici beskryf as die eerste suksesvolle world music album in Afrikaans. Anton breek weereens nuwe grond vir Afrikaans. Sy bydrae tot Afrikaans word deur die letterkundige Gerrit Komrij erken toe sy lirieke in 'n poësieversamelbundel ingesluit word.

Anton is ook die producer van die Om te Breyten album wat in 2001 'n SAMA wen vir Beste Afrikaanse album.

En in 2002 ontvang Anton Goosen 'n Geraas toekenning vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek.

Anton is veral bekend daarvoor dat hy verskeie jong kunstenaars help om hul eie paaie te bou. Daarvan getuig die reeks Anton en Vrinne shows wat hy op kunstefeeste aanbied. Die idee vir Anton en Vrinne word gebore by die Volksjol tydens die Volksbladfees toe Valiant Swart en Karen Zoid by Anton en Beeskraal op die verhoog aansluit vir 'n allermintige jam. Dit lei tot vele Anton en Vrinne optredes dwarsoor die land en ook tot 'n optrede in die staatsteater. 'n Suksesvolle DVD-opname van die show word vrygestel.

By die Huisgenootskouspel word Anton vereer vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek met die toekenning vir Lewenslange bydrae tot musiek en hy is selfs ingehuldig in die Suid-Afrikaanse rock digest Hall of Fame.

Anton se nuutste bundel het ook die lig gesien in 2005. In die bundel, Hitte van die teerpad: Songs van die Liedjieboer kyk Anton terug oor sy loopbaan met sy lirieke, staaltjies en verhale, maar hy laat ook nie op hom wag nie. Die jaar 2005 was ook 'n jaar van vernuwing vir Anton. Hy werk aan sy nuwe album, Groen Blomme, waarop hy met verskeie jong kunstenaars kragte saam smee. Die album word kort na die opvolgende nuwe jaar uitgereik en word met ope arms ontvang. Die Groen Blomme in die titel verwys na die jong, talentvolle kunstenaars wat saam met Anton aan die album gewerk het.

Die pad is lank maar hy is nog nie klaar geloop nie. Die pad loop ook nie net deur Afrika nie, maar daar is reeds verskeie suksesvolle Europese shows agter die blad. Sy pad loop ook nie alleen nie, maar loop saam met baie ander en diverse kunstenaars...

Sedert 2002 doen Anton en sy Bushrockband eenmaal 'n jaar shows in die UK.

In 2006 verhuis Anton na die Kaap en vestig hom in Gansbaai nadat hy die slagoffer van 'n gewapende rooftog op sy plaas aan die Hennopsrivier was.

In 2008 reik Anton 3 dubbel cd's uit om sy 33 jaar in die bedryf te vier: 33 A-sides (liedjieboer-treffers) 33 b-sides (getye van verandering) en 33 Sea-sides (om te rock en roll).

In 2009 verskyn twee musiekboeke van Anton: Liedjieboer Boek 1 en 2 met 38 van sy werke en kry hy ook sy eie musiekprogram op Whale Coast FM: Deur die ore van.

In Meimaand 2009 ontvang Anton en Yvonne Chaka Chaka elk 'n SAMA-toekenning vir hul lewenslange bydraes tot Suid-Afrikaanse musiek.

Anton se aptyt vir vernuwing en musikale eksperimente is nog hoeka nie gestil nie. 

Beeskraal - Beroemde Afrikaanse Orkes

Beeskraal is ‘n erkende Afrikaanse rockgroep van Pretoria. Beeskraal bestaan alreeds 10 jaar lank en het al diep spore in die Suid Afrikaanse, Afrikaanse musiek bedryf getrap.

Kortelikse feite:
· Beeskraal het al vyf vollengte albums uit. Beeskraal se sesde album was in 2008 vrygestel.
· Verkope van altesame 60 000 + albums
· Beeskraal Eerste Suid Afrikaanse groep wat genooi was na die Ukkassie fees in London
· 2002 Enigste Afrikaanse groep wat optree tydens Vryheidsdag te Uniegeboue op aandrang van die regering.
· 2003 het Beeskraal saam met MANDOZA enigste ander Suid Afrikaanse kunstenaar tydens die World Food Hunger Concert te FNB stadion.
· Musiek van Beeskraal word deur twee Suid Afrikaanse sielkundiges gebruik om V.S.A 9/11 trauma pasiënte te rehabiliteer.
· Musiek van Beeskraal is op speellyste van verskeie nasionale sowel as gemeenskapsradiostasies
· Beeskraal het al verskynings gemaak op programme soos Geraas, Pitstop, Dis Hoe dit is met Steve, Kwêla, Pasella, Draadloos, mk89, 7de Laan, Villa Rosa ens.

· 2003 word Beeskraal benoem vir SAMA toekenning vir Beste Rock Groep tussen Sugerdrive, Nude Girls en Wonderboom
· 2004 nominasie vir Pendoring Reklame toekenning te AARDKLOP
· 2005 nominasie vir Huisgenoot Tempo toekennings vir Beste Rock groep.
· 2003 wen Beeskraal die Kanna Toekenning (KKNK) vir Beste Afrikaanse Groep
· 2003 wen Beeskraal die Geraas (SABC 2) Musiek Toekenning vir Beste Rock Groep
· 2004 ontvang Beeskraal 'n ere toekenning van die ATKV vir bydrae en bevordering van Afrikaanse Rock Musiek
· 2005 ontvang Beeskraal die VONK tydskrif Toekenning vir Beste Groep en Album vir 2004
· 2006 op groot aanvraag baie suksesvolle toere in London gespeel
· Belgiese regering nooi Beeskraal uit na die jaarlikse Belgiese volksfees
· 2006 word Beeskraal weer deur die Nelson Mandela Tourism Board genooi om saam Mandoza op te tree op Nelson Mandela Bay Beach
· 2007 span Beeskraal kragte saam met ander musikante o.a MD Greyeling,
Adam Tas, Elizma Theron en Steve Hofmeyer om plaasmoorde te stop.
· 2007 word Beeskraal genooi vir Highveld Stereo en Rapport se RAW Rocks konsert te Sun City Superbowl saam met
Karen Zoid, Theuns Jordaan, Klopjag
· 2007 Nominasie vir Vonk toekennings vir Beste Rock Album saam
Fokofpolisiekar en Snotkop
· 2007 maak Beeskraal ook ‘n verskyning op BBC News Live vanuit London tydens die IRB Wêreld Beker te Fankryk

· Beeskraal doen ook baie liefdadigheidswerk in hul gemeenskap en is nou betrokke by Woman Against Rape, Stop geweldmisdaad aksies, Helpende Hand, DBV, en Wolmertrust vir minder bevooregtes.

Van Beeskraal se treffers sluit in:

  • Pringlebaai
  • Af
  • Innie Vuur
  • Heel Somer Lank
  • Stop die Moorde
  • Die ou Man
  • Verbrande Liefde
  • Roots en Boots
  • Doer inni Boemdoe
  • Blinkvos Perd
  • In haar woonstel
  • Lekker Lisa
  • Piering Oog
  • Cowboy van die Boland
  • Hoog inni Laeveeld
  • In haar woonstel
  • Bar in Benoni
  • Daisy
  • Strate van Pretoria
  • Huis toe
  • Plaasdorp
  • Zol

DJ Ossewa - Beroemde Afrikaanse Orkes

Die gewilde groep DJ Ossewa se nuwe album is pas vrygestel en spesiaal vir hulle getroue ondersteuners. “Die Groot trek… tot nou” is DJ Ossewa se gewildste en gunsteling treffers en die CD is vrysgestel op publieke aanvraag. Hierdie nuwe CD is plofbaar en baie aansteeklik! Net reg vir ‘n lekker partytjie! Die album bestaan uit 16 snitte, waarvan 11 nuwe opnames is. DJ Ossewa vermaak met lekker lewendige komiese dansmusiek wat die dansvloere heelaand volhou en die gehoor op hulle voete hou…. En natuurlik die wiel aan die rol hou!!!
Daniel Jacobus; Raapie Knapie, Piet Pompies en Jerbes die Leeuboer is ‘n huishoudelike naam in die Afrikaanse Musiekbedryf en die groep se gewildheid groei daagliks. Hierdie manne het hulself reeds deur-en-deur bewys as een van die groot suksesstories van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Met hulle Progressiewe Alternatiewe Boere Afrikaanse Musiek het hulle ‘n mark en genre van hul eie geskep en kraai hulle koning. Ossewa-woema is hulle eie, baie persoonlike nismark.

Hulle wenresep om kultuur van toeka tot nou te vermeng maak van DJ OSSEWA moderne Africana en ‘n inheemse produk om op trots te wees. Agtergrond van DJ Ossewa: DJ Ossewa het sy ontstaan gehad op die plaas Ossewasrus sowat 5 jaar gelede. Die DJ staan eintlik vir Daniel Jakobus, wat die musikaalste van die klompie afrikaners is. Die Ossewa spreek vanself, aangesien die groepie manne almal baie kultuurvas is en dan nog op die plaas ook grootgeword het. Die groep bestaan uit 4 lede. Daar is Daniel Jakobus, Piet Pompies, Raapie Knapie en Jerbes die Leeuboer. Laasgenoemde is eintlik maar n kennis, van die buur plaas. Daniel, Raapie en Piet bly almal op Ossewasrus saammet Ouma Sanna Beskuit. Almal is familie op die plaas…Raapie en Daniel is broers en Piet is hul nefie. DJ Ossewa se grootste
en gewildste treffers! Soos almal weet, is dit nie ‘n maklike lewe deesdae om ‘n boer te wees nie, en toe dit so ‘n klompie jare gelede begin agteruit gaan met die boerdery, agv omstandighede, het Ouma Beskuit besluit om die klompie manne almal in een kraal te gooi, en hul na tante Koba toe gestuur vir sanglesse. Al was hul nou nie uitstaande boere nie, agv hul swak sig, kon hulle darem so nou en dan ‘n noot hou, en ook ‘n ordentelike partytjie hou. Dis toe waar alles gebeur het. Na maande se voorbereiding en hard oefen het DJ Ossewa sy ontstaan gehad, en daarmee saam hul eerste konsert. Dit het so vinnig gekom en gegaan, en voor hulle hul oë kon uitvee was dit verby en het daar al hoe meer besprekings na hul kant toe gekom van regoor die land. DJ Ossewa het n wen resep gekry, lekker Afrikaanse dansmusiek met ‘n komiese, lewendige vertoning. Konsertina, trekklavier, kitaar, mondfluitjie, lekker tradisioneel, met polsende ritmes en moderne Afrikaanse klanke. Die manne van DJ Ossewa moes bondstaan want almal wou saam op die wa klim en die partytjie geniet. Nie lank daarna nie, is hul eerste volwaardige album vrygestel met die titel “Boeresports” en alhoewel dit nou nie superster status gekry het nie, was dit die eerste groot tree in die Afrikaanse musiek wereld vir die klomp opskoppers. Na sowat n jaar is hul tweede album “Voor oppie wa” bekendgestel, en die cd het die volk behoorlik aan die gons gehad. Daar was skielik sprake van ‘n DVD, en oral het mense DJ Ossewa aangemoedig om hul mannewales op kamera vas te lê. So gesê, so gedaan, en hul eerste DVD “Heeltemal Lewendig” het sowat ‘n jaar gelede die winkelrakke, en die sitkamers met n geweldige plofslag getref. Onlangs in 2007 het die manne van DJ Ossewa hul derde album die lig laat sien Vannie os oppie jas, wat ‘n dubbel album is en 35 liedjies bevat. Hul het die album goed deurdink en daar is ietsie vir almal om aan te smul. Hul 2de volwaardige DVD"Manne-wa-lus" het in 2009 verskyn en blitsvinnig goue status bereik, nes die eerste dvd. Manne-wa-lus het ook die Huisgenoot Tempo Toekenning gewen vir gewildste DVD van 2009.

DJ Ossewa beskryf hul musiek as Progresiewe Alternatiewe Boere Afrikaanse Opskop Dansmusiek, n heel nuwe genre in Afrikaanse musiek vermaak. Vandag reis DJ Ossewa reg oor die land en maak musiek vir almal wat wil luister, en saam kuier. Oud en jonk spring op en af by vertonings, skouer aan skouer. Pa en seun speel die musiek ewe hard in die motor, en oupa het weer n spring in sy stap. Die groep doen tans tussen 120 en 150 vertonings per jaar en was al op verskeie TV programme as gaste, en by n groot aantal feeste. Nou mik DJ Ossewa ook buiteland toe, om die afrikaans sprekendes te gaan vermaak daar ver oor die diep blou water. Maar DJ Ossewa bly nederig, en as hul nie op die pad is nie, is hul hard aan die werk op Ouma Beskuit se plaas met hul daaglikse take. DJ Ossewa is dalk nie multi miljoenêrs nie, ook nie Supersterre nie, maar een ding is verseker..........Hul kan Rock in hul taal, en solank daar mense is wat luister, sal die
ossewa se wiele geolie bly.

Van Dj Ossewa se top treffers sluit in:

  • Ossewa vir altyd
  • Gee my n stukkie (DJ Johnny, Waterkloof mix)
  • Hartbeeshuis
  • Die Donkie
  • Die lewe van n boer
  • Ons roep alle Afrikaners
  • Voetsek kom terug
  • Sexy Meisie
  • Tannies eet koek
  • Ossewa
  • Rock Pop
  • Ek wil jou hê
  • Waar kom babas vandaan?
  • Stroopsoet Keurspel
  • Brul as jy wil
  • Stamp jou voete
  • Rontomtalietyd
  • Gaan Bos Keurspel
  • Bosveldbul
  • Lekker bydi strand
  • Je taime La Bokke
  • Ons het die gees
  • Bokveld toe
  • Bulle blou
  • Die bokkejol
  • Rugby onthaal
  • Mannetjies Roux
  • Onverskrokke (Rugby Wêreldbeker 2007 mix)
  • Sarie Marais
  • Bosveldbar
  • Zambesi
  • Warm patat

Eden - Beroemde Afrikaanse Orkes

EDEN has established themselves as South Africa’s most popular and successful boyband.  The combination of their exquisite voices, lush harmonies, funky image and energetic stage performances, as well as their own original hit songs, has moved their debut album, Point Of No Return, to platinum status.  They also received three South African Music Award nominations for this album. EDEN has just recently released their new album titled “Eden” as a trio and, it too, has just reached platinum status!  The boys are currently busy writing and recording yet another album, surely, packed with loads of hit songs for the enjoyment of their fans.

JAY
Jay started his professional career as a performer in musical theatre in 1996, earning himself a FNB VITA AWARD nomination for his last performance in theatre before venturing successfully into the commercial recording industry.  He has since recorded three albums, nominated for a total of SEVEN AWARDS and won one of those for BEST POP ALBUM.  He has shared the stage with several international artists like The Corrs, Bono, Ronan Keating and Westlife, to name but a few and has performed for Nelson Mandela in front of a Hollywood star studded audience on his 85th birthday.  His success continue's in EDEN with yet another platinum album.

JOHAN VORSTER
Johan grew up with music and has played the guitar and piano from an early age.  He went on to study music at Potch university before joining EDEN in 2000.He has written hit songs for EDEN on both their latest albums.  He is also a partner in Mozi Records and has written and produced the BOK VAN BLERK album, including the mega hit DELAREY. He is currently working on Mozi Records’ latest find as well as EDEN’s new album that’s in progress.

PAULO AZEVEDO
Cape Town born, Paulo currently lives in Pretoria. He started singing at only ten years of age. Paulo is a TECHNICAL EXPERT in sound and stage production and has toured with many an artist.  He has a particular love for the piano, sax and guitar and believes that his latin heritage brings an element of sultry seduction to EDEN.

Dozi - Beroemde Afrikaanse Sanger

Dozi, die jongste van Theuns en Susan Opperman is gebore in Hluhluwe, waar Dozi vlot Zoeloe leer praat het by sy Zoeloe maatjies op die plaas. Dozi se ouers het verhuis na ‘n plaas naby Standerton, toe Dozi ses jaar oud is. Dozi het skool gegaan te Leslie Afrikaanse Laerskool en vandaar is Dozi Standerton Afrikaanse Hoërskool toe vir twee jaar. Dozi kon nie lekker aanpas by die koshuis lewe nie. Vandaar is Dozi Evander Afrikaanse Hoërskool toe want Dozi wou kuns of musiek as exstra vak neem en Evander het kuns aangebied. Op skool tree Dozi alreeds by verskeie geleenthede op soos die revue, vir die meisies as hy moet LO doen en hier en daar by 'n partytjie. Daar was maar nog altyd die liefde om musiek te maak. Min het hy geweet op daardie jonge ouderdom, Afrikaanse Musiek vloei in sy are!!

Dozi het skool voltooi en het Grafiese Ontwerp aan die Technikon Pretoria gaan studeer. Daar het Dozi maar die koshuis ding gedoen. Dozi het in Lezard Afrikaanse manskoshuis, (toe nog in die stad regoor die HF Verwoerd Hospitaal) gebly. Dis daar waar hy die bynaam van Dozi gekry het omdat hy so lief was vir sy slaap. Grafiese ontwerp het Dozi vir twee jaar gedoen en toe raak Dozi moeg vir swot. Dozi besluit toe om n "break" te vat. Dozi gaan Potchefstroom toe vir sy weermag opleiding. Dozi het dit vir twee jaar gedoen, HOEKOM, want hy moes. Alhoewel as hy terugdink en praat daaroor sou jy sweer dis een van die beste dele in sy lewe.

Toe kom Dozi terug Pretoria Afrikaanse Technikon toe om sy studies te voltooi. Nou is hy so half n senior. Een aand gaan eet hy en van sy pelle by die Golden Eagle Spur en daar raak hulle aan die sing. So begin die mense hom nooi na hulle tafels toe vir versoeke. Aan die einde van die aand vra die eienaar van die plek hom of hy dit op 'n meer gereelde basis sal kom doen. Dozi stem toe in. Daar en dan het hy sy eerste werk as Afrikaanse sanger. So het die gigs begin inkom, Spur, Pumphouse, Jaquelines, Cherry's Too, Rumours, Steamers, Oyster Bar, Midnight Actors Grill, Wipple Tree ens. In sy tweede jaar uit die weermag, terug by die swotings, en nou al 'n singende sensasie in Pretoria, besluit Dozi om bietjie uit die koshuis uit te trek en by sy groot guitar pel Mel Botes te gaan bly. Hulle het toe 'n band begin met die naam 'MEL en DOZI'. 'n Jaar of so later het hulle opgebreek en Dozi het saam n aspirant prokureur n band begin. 'JAKES en DOZI' het vir n hele paar jaar Pretoria op horings gehad met hulle unieke weergawes van Simon en Garfuncle, Bob Dylan, Bruce Springsteen ens. Tot vandag nog sê mense wat dit beleef het dit was seker die beste "two piece band" van daai tyd.

In dieselfde tyd, terwyl Dozi nog die pubs "aan die brand" sing, ry Dozi een aand van sy ouers se plaas af terug Pretoria toe. Dozi en twee pelle stop in Babsfontein vir iets om te eet en drink. Daar is Hansie Roodt en die Polisie Orkes besig om op te pak na 'n optrede. 'n Pel van Dozi vra toe vir Hansie of Dozi vir hom iets kan sing. Toe Hansie Rootd hom hoor, vra hy hom om te kom sing in die Polisie Orkes. Na 'n hele rukkie sluit Dozi aan by die Polisie Orkes onder leiding van Hansie Roodt. Dozi sing toe nog steeds in pubs en van agt tot een deur die dag is hy by die Polisie Orkes. Hier ontmoet Dozi vir guitarmeester Blackie Swart en vele ander baie goeie musikante. Vir 2jaar lank is Dozi deel van die Polisie Orkes.

Na dertien jaar se harde werk, swoeg en sweet, gaan kuier Dozi een dag by oom Hansie Roodt. Dozi speel toe vir hom van sy eie Zulu komposisies. Die volgende dag het oom Hansie vir Dozi opgelaai en hom na plate-baas Boet Pretorius geneem. Van hier af ken ons eers vir Dozi......... Hier word sy eerste album in 1999 opgeneem.
Soos Dozi altyd se:
'Ek het nie idols gewen nie'
* “Mercy” is ‘n geestelike Zoeloe album. Vogens Dozi sy beste. Toe is daar 'n aanvraag vir die wit reus om in Afrikaans te sing. Mense wou dit hoor.
* In 2000 word sy eerste Afrikaanse album “Op Aanvraag” uitgeryk.
Dit is ‘n treffer en meer as 100 000 kopieë word verkoop wat die album dubbel platinum status laat bereik.
* Sy volgende album “Storm op die Horison”
2001 vrygestel en bereik ook platinum status.
* Gedurende Februarie 2003 word “Siyaya – Ons Gaan…” uitgereik.
Dozi het platinum toekennings ontvang vir beide “Storm op die Horison” en Siyaya, gedurende Aardklop 2003.
Gedurende die KKNK van 2004 het Dozi, behalwe vir sy gewone optredes ook opgetree saam met Jannie Moolman en die Afrika Mamas. Hierdie produksie het ‘n Kanna toekenning gewen vir die gewildste produksie by die Fees. Gedurende Augustus 2004 stel Dozi nog ‘n Afrikaanse album bekend “Kruispad”. Hierdie album weerspieël sy veelseidigheid as kunstenaar en sy vermoë om elke liedjie, hetsy ernstig of humorisites uit die hart uit te sing.

Dozi en sy orkes het gedurende Junie 2005 ‘n baie suksesvolle toer in Amerika gehad en op 11 Julie 2005 word Dozi as 'n 46664 ambassadeur aangewys deur die Nelson Mandela Stigting ten bate van navorsing en hulp vir Vigs slagoffers.
Gedurende Novemebr 2005 tydens die Vonk Musiektoekennings, word Dozi aangewys as die wenner in die kategoeire “Liedjie van die jaar” met die Afrikaanse snit “Grassade in die Wind”
Dozi wen ook die kategorie “Beste Solo Kunstenaar” met die Afrikaanse album “Kruispad”.
Dozi word eksklusief genooi deur Winnie Madisiki-Mandela om by een van haar hoogs-aangeskrewe funksies op te tree wat bygewoon word deur vele staatshoofde.
Dozi het in Augustus 2007 op in Monaco vir Prins Albert gesing. By hierdie funksie is staatshoofde en koningklikes van reg oor die wêreld insluitende die koningklikes van Monaco, en voormalige VSA-Staatspresidient, Bill Clinton.

Van Dozi se Afrikaanse treffers sluit in:

  • Grassade in die wind
  • Bosveld Bul
  • Groen Blare
  • Kinders in die wind
  • Madala se Baaisiekel
  • Hou my Dop
  • ft. Kurt Darren - End of the line
  • Sonder jou
  • Kom bietjie binne
  • As ek verlief raak
  • Soutsmaak
  • Ou Ryperd
  • Ou Ryperd (Zoeloe)
  • Lugspore
  • In die boendoes van my hart
  • Tussen die lyne
  • Myn "song"
  • Gebed
  • Sprokie vir 'n stadskind
  • Ossewa
  • In my Tuin
  • Osewa

Gerhard Steyn - Beroemde Afrikaanse Sanger

Die musiekbedryf staan verstom oor die spoed waarmee Gerhard Steyn as Afrikaanse kunstenaar groei.

Gerhard Steyn is n man met “presence” die X- faktor en is een met sy kitaar en Afrikaanse musiek. Gerhard Steyn se voorkoms, sang, persoonlikheid, en talent as liedjieskrywer maak Gerhard Steyn gewild by oud en jonk en sy bewonderaars is onder die vroulike en manlike geslag. Alles het op 16 jarige ouderdom begin met ‘n klein bokskitaartjie en ‘n kitaarhandleiding langs hul swembad by sy ouerhuis op die platteland.

Gerhard Steyn maak sy debuut in 2000 deur saam met Lianne Heyl (Boeboe van Vetkoek Paleis op te tree) Hierna begin Gerhard Steyn optree saam met Naas De Jager as die duet-groep Windpomp. Buiten optredes/sing , liedjies skryf , oorklankingswerk, akteur wees ,waar Gerhard Steyn te sien was in Sewende Laan en in Frans Marx se reeks The Res , het hy ook as vryskut joernalis vir die Vonk Tydskrif op getree. As liedjieskrywer is van Gerhard Steyn se werk deur Dozi, Jacques De Koning, Robbie Klay , Karin Ferreira ,Annel Botha en Rudi Muller opgeneem. Gerhard Steyn het ook die produksies van kunstenaars soos Annel Botha behartig.

Solo optrede met Gerhard Steyn en sy kitaar soos wat almal hom leer ken het bly ‘n goeie opsie. Gerhard Steyn se aanhangers kan hom ook met sy orkes beleef en dit is ‘n wenresep. Gerhard Steyn as kunstenaar kom tot sy volle potensiaal en dit is juis in die optredes wat ‘n mens besef waarom die media en ander musikante hom beskou as die volgende legende. Gerhard Steyn het juis in hierdie optredes vele maal gesorg vir gehore wat opgestaan en hom uit volle bors toejuig.

Gerhard Steyn het nou 4 albums op sy kerfstok. Sy Debuutalbum “Teen die Berg” is in 2004 uitgereik. Elke liedjie het ‘n storie , ‘n boodskap. Daarna het “16 Songs” in 2006 gevolg. Dit is ‘n profielalbum wat hom as Afrikaanse kunstenaar met ‘n unieke klank en styl vestig. Sy derde album “Breekbaar” wat in 2008 uit gereik is dra die stempel van Afrikaanse oorspronklikheid en is gepas kontemporer. Elke woord kom uit Gerhard Steyn se eie pen. Vir elke aanhanger en bewonderaar is daar ‘n gunsteling: Baby Tjoklits, Sexy Jeans, Pennies en Ponde , Breekbaar en vele meer.

Gerhard Steyn se Afrikaanse liedjies handel oor persoonlike filosofie, lewenslesse, ervarings, hartseer, blydskap en die vrae wat mense het. Voorwaar die spieelbeeld van God gegewe talente en gawes, kreatiwiteit en deursettingvermoe.

Gerhard Steyn se vierde Afrikaanse album “Als Begin Eers Nou “wat in Maart 2010 die rakke getref het is ‘n cd wat opwinding in jou are laat bruis en ritme in jou lyf sit. Dit is uniek, vars , verfrissend met tonne energie. Elke snit is ‘n treffer en het die belofte om sy aanhangers gaande te he. Hierdie Afrikaanse album is ‘n weghol wenner wat Gerhard Steyn beklemtoon as SA se Blou Oog Gunsteling

Gerhard Steyn se DVD 17 Songs op 17 Mei Live@Emperors is modern en energiek, met goed deurdagte en interessante afwisselinge wat die DVD uniek maak.

Gerhard Steyn het ‘n klein hartjie en ‘n passie vir mense. Gerhard Steyn vergewe maklik, is oorspronklik en ambisieus. Gerhard Steyn glo jy moet jou drome volg met alles wat in jou is. Gerhard Steyn dink soos ‘n kampioen en is nie bang vir uitdagings of onbekende terreine nie. Gerhard Steyn se talent , potensiaal, uniekheid, dryfkrag en visie maak hierdie kunstenaar uitsonderlik.

Met al hierdie talente en seeninge bly Gerhard Steyn nederig met sy voete plat op die aarde en gee mildelik erkenning aan Sy Skepper en diegene wat in hom glo en ondersteun.

Van Gerhard Steyn se Afrikaanse treffers sluit in:

  • Baby Tjoklits
  • Sexy Vere
  • Laaste Asem
  • Voel so Goed
  • Silwerster
  • Belowe Jou
  • All for love
  • Sonder jou hier
  • Vasgevries
  • Breekbaar
  • Soek jy my
  • Jy's my beste pel
  • Peter Pan
  • Huistoe gaan tyd
  • Bel my
  • Hart se mure
  • Bel my
  • Ou Matras
  • Bloubulmeisie

Jack Parow - Beroemde Afrikaanse Rapper

Hello, my naam is Jack Parow. Ek hou van Afrikaans. Ek hou van rap. Ma' rap is boring en is oorval met mense wat nie weet wat hulle doen nie. Jack Parow is hier om hulle almal te wys hoe om dit reg te doen. Jack Parow maak musiek saam met sy vriende. Jack Parow hou van drink, gevaarlike karre, gevaarlike paarties, gevaarlike cherries, braai en rugby. Jack Parow se musiek lat jou glimlag. Jack Parow se musiek lat jou huil. Jack Parow se musiek lat jou dans en Jack Parow se musiek lat jou dink. Ek het groot geword op die strate van Bellville en Parow en in die Wonderland games arcade in Tygervalley. Ek rook Dunhill sigarette en drink Wellington brandy. Ek hou nie so baie van sokker nie, want ek verstaan nie die reëls nie, ma' ek is besig om te leer, so hopelik hou ek gou daarvan. Ek hou nie van mense wat nie hou van Afrikaans nie. My song "Die Vraagstuk" saam met Die Heuwels Fantasties som my goed op, so luister dit. My musiek is eerlik. My naam is Jack Parow, romantiese Afrikaanse superster rapper. Kief Kief.

Van Jack Parow se top treffers sluit in:

  • Cooler as ek
  • Doos Dronk
  • Die Vraagstuk
  • Onder Draai Die Duiwel Joints
  • Wat Pomp
  • Ma se Mooiste Kinders
  • Brackenfell Boys Choir

Juanita Du Plessis - Beroemde Vroulike Afrikaanse Sangeres

In 1998 het Juanita Du Plessis sangloopbaan met alle erns begin – met Juanita Du Plessis se debuut album Juanita.  Daardie jaar wen Juanita Du Plessis die CMA (Country Music Association in Namibië) se toekennings as die beste sangeres, die beste liedjieskrywer en dié vereniging se president toekenning vir uitsonderlike prestasie.  In daardie stadium was Juanita Du Plessis toe al lid van Jupidu, saam met haar man, Doepie, haar broer Pieter, en hul vriend Rennie Strauss.  Jupidu was uiters gewild by Namibiërs, maar haar reeks toekennings en ‘n bedrywige naweekdagboek was nie vir Juanita Du Plessis genoeg nie.  Sy het toe al geweet haar liedjies is stérk genoeg.  Juanita Du Plessis het bloot aanhou skryf, met die wete ‘n nuwe album sou haar die deurbraak besorg waarop sy wag.  Maar Juanita Du Plessis het nie geld daarvoor gehad nie.

Gelukkig het baie invloedryke mense haar talent geëien en Juanita Du Plessis kon genoeg borge werf om ‘n CD op te neem.  Die album Ek en Jy is gebore – met Ska-Rumba as ‘n bonussnit... In 2000 onderhandel Juanita Du Plessis en die platebaas Pierre van der Westhuizen van Maroela-Musiek.  Pierre het onmiddellik geweet Juanita Du Plessis kán ...

Hy’t haar ‘n platekontrak aangebied en die album ook in Suid-Afrika uitgereik.  In 2001 bereik die album dubbelplatinumstatus (met verkope van oor die 100 000) en Juanita Du Plessis wen twee SABC2-Geraas toekennings:  album van die jaar en liedjie van die jaar:  Ska-Rumba.  In 2002 word Juanita Du Plessis se derde album, Dis Waar Ek Wil Wees (met die treffer Patayo) uitgereik, en Juanita Du Plessis se drome word die een na die ander bewaarheid.  Juanita Du Plessis se dagboek is vol en al haar albums vorentoe bereik minstens platinumstatus;  die meeste dubbelplatinum.  Juanita Du Plessis skep die een treffer album na die ander.  Van die dubbelalbum Jy Is... (met ‘n bonus-CD waarop sy Pussycat se musiek sing) lewer die treffer Lepellê op in 2003.  En Juanita Du Plessis word die eerste Afrikaanse sangeres wat die eerste plek op RSG se amptelike Top 20-treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens boaan bly!

In die volgende vyf jaar verander die Meisie van Suidwes se lewe drasties.  Die Du Plessis-gesin moet ‘n moeilike besluit neem, van hul geliefde moederland afskeid neem, Suid-Afrika toe verhuis en ‘n vesting in Pretoria vind.  Met nog drie sekulêre albums – Bly By My, Jou Skaduwee en Volmaakte Kring, die gospelalbums Altyd Daar en Vlieg Hoog en die DVD’s In Konsert, Altyd Daar:  Live op Aanvraag en Bring Jou Hart (in konsertduet met Theuns Jordaan) herskryf Juanita Du Plessis weer die Suid-Afrikaanse musiekrekordboek en behaal verkope wat die miljoenkerf verbysteek.

Van Juanita Du Plessis se top treffers sluit in:

  • Mengelmoeskardoes
  • Ska-Rumba
  • Lepellê
  • Nou wat nou
  • Bly by my
  • Boerejol
  • Is dit jy
  • 'n Duisend soene
  • Sonder jou
  • Daar
  • Ek en jy
  • Bulle
  • Young Hearts
  • Pussycat Keurspel
  • Tussen Woorde
  • Vlieg Hoog
  • Ons Koning kom
  • Jy is...
  • A letter to daddy
  • In die hemel
  • Meisiekind
  • Grandpa

Koos Kombuis - Beroemde Afrikaanse Sanger

In 1984 het die onafhanklike platemaatskappy Shifty Records 'n album met die naam Wie is Bernoldus Niemand van die kunstenaar van James Phillips uitgegee. Koos Kombuis, wat toe nog as André le Toit bekendgestaan het, het in 1986 'n kopie van die album op die Groentemarkplein in Kaapstad gekoop. Koos Kombuis is sodanig deur die album geïnspireer dat hy self 'n demonstrasie-kasset opgeneem het en aan Shifty gestuur het. Lloyd Ross van Shifty het Koos Kombuis laat weet dat hy hom wou opneem. 'Ver van die ou kalahari' is in Mei 1987 in Johannesburg opgeneem.

In Johannes het Koos Kombuis dan ook vir James Phillips ontmoet het en op Phillips se uitnodiging na Jameson's gegaan het. Shifty se verspreiding van Koos Kombuis se album aan kampus radiostasies sou lei tot Koos Kombuis se ontmoeting met Dagga-Dirk Uys wat aan die hoof van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat se radio stasie was. Koos Kombuis sou Ralph Rabie (later Johannes Kerkorrel) ontmoet toe Rapport hom gestuur het om in Kaapstad met hom 'n onderhoud te voer. Die onderhoud sou lei tot gesamentlik optredes by die Black Sun waar Jannie "Hanepoot" van Tonder en Willem Moller by Koos Kombuis, Kerkorrel en Uys aangesluit het om die Gereformeerde Blues Band te vorm en die 'Eerste Alternatiewe Afrikaanse Rock-Konsert' wat op 25 Maart 1988 in die Pool Club in Von Wielighstraat in Johannesburg gehou is.

Phillips, onder die naam 'Bernoldus Niemand en die Daggarokers', Koos Kombuis en die Gereformeerde Blues Band het saam opgetree in die Shifty Music Festival by die Market Warehouse wat in November 1988 gehou is. Dit was die platform waarvan af die 'Voëlvry' album gelanseer is. Die album het 'n versameling van die beste alternatiewe Afrikaanse musiek bevat waar Bernoldus Niemand saam met die Gereformeerde Blues Band, Koos Kombuis, Die Kêrels, Khaki Monitor, The Genuines, Randy Rambo en die Rough Riders en Pieter van der Lugt verskyn het. Die Alternatiewe Afrikaanse Musiekbeweging sou 'n hoogtepunt bereik met die landswye Voëlvrytoer waaraan Phillips in sy Bernoldus Niemand gedaante saam met die groep die Swart Gevaar sou optree.

Op 25 Maart 1988 was Koos Kombuis, as Koos Kombuis, een van die sleutel figure in die 'Eerste alternatiewe Afrikaanse rockkonsert' wat in die Pool Club in Johannes gehou is. Ander kunstenaars wat aan die konsert deelgeneem het sluit in die Gereformeerde Blues Band, Koos, The Genuines, Die Kêrels, en Bernoldus Niemand en die Swart Gevaar. Die konsert is deur Dagga-Dirk Uys en Boogy Gottsma gereël en kan gesien word as die begin van die Alternatiewe Afrikaanse musiekbeweging.

Van Koos Kombuis se top treffers sluit in:

  • Lisa Se Klavier
  • Boer In Beton
  • Johnny Is Nie Dood Nie
  • Onder In My Whiskeyglas
  • Bicycle Sonder Slot
  • Travel In Staail
  • Springbokheld
  • Rooi Kombuis
  • Kytie
  • Winterkind
  • Lalie
  • Huisie By Die See
  • Babilon
  • Verslaaf Aan Ruk En Rol
  • Ou Tannie-Blues
  • Oumense Moenie in die Water Mors nie
  • Reconciliation Day
  • Mercy Me
  • < Fat Cat Piete
  • Baas Jack
  • Die Einde van die Reënboog
  • Katrina - The Aftermath
  • Johnny is nie Dood nie
  • Matjiesfontein
  • Anderkant die Longdrop

Kurt Darren - Beroemde Afrikaanse Sanger

Kurt Darren is in Pretoria gebore en het aan die Hoërskool Lyttelton Manor matrikuleer.  Kurt Darren het sy besondere sangtalent by sy ma geërf. Op skool het Kurt Darren aan verskeie musiekspele deelgeneem, en meen dat hy al van jongs af in musiek belang gestel het. Wat min mense weet is dat Kurt Darren ten volle tweetalig is, te danke aan sy pa wat Afrikaanssprekend en sy ma wat Engelssprekend is. Sy ongelooflike talent as liedjieskrywer en sanger, in beide tale, het sy gretigheid om in albei tale te vermaak, en mee te voer, verwesenlik. Na matriek is Kurt Darren weermag toe en doen hy sy basies in Walvisbaai. Kurt Darren se wens was om aan die weermag se vermaaklikheidsgroep te behoort, en dit gebeur toe ook so. So toer Kurt Darren vir n jaar saam met die boere-orkeslede van die weermag, en besef dat hy sy lewenslange droom, om 'n sanger te word, wil najaag. Kurt Darren word toe afgeraai deur mense wat sê dat Kurt Darren nie 'n bestaan kan maak deur 'n sanger te word nie.

Kurt Darren probeer toe maar 'n paar ander beroepe, soos om 'n wildbewaarder te word in die Kruger Nasionale Wildtuin, (die natuur lê hom baie na aan die hart), en tree ook as toergids op. Met meeste van Kurt Darren se familie in die boubedryf, beproef Kurt Darren dit ook, maar nie vir lank nie.  Kurt Darren besluit toe om voltyds te begin sing. Dertien jaar lank het Kurt Darren, balladesanger, roerloos op 'n stoeltjie met 'n mikrofoon gesit by korporatiewe geleenthede, kroeë en ander klein vergader-plekke. Van die een dorp na die volgende, het Kurt Darren sy eie klankgereedskap vervoer, afgelaai, opgestel, afgestel en weer opgelaai. Kurt Darren het ook sy eie klank gedoen. Kurt Darren is trots om te noem dat hy deur sy sangloopbaan al deel was van 'n paar "groepe", hierdie sluit in, onder andere: "Deep Blue" en "Keep Your Day Job".

Kurt Darren het altyd geweet dat sy deurbraak gaan kom. Toe tree Kurt Darren drie maande lank op 'n passasierskip op, verloor 'n paar kilogram en sny sy hare (vir die wat nie weet nie, Kurt se hare was skouerlengte vir n hele rukkie). En toe is Kurt Darren reg en energiek vir "Meisie Meisie"  - en die roem - toe dit eensklaps oor Kurt Darren se pad kom in 2002. Deesdae toer Kurt Darren die land vol, en selfs buitelands, op 'n groeiende basis. Kurt Darren se eerste album "For Your Precious Love" was in 1995 uitgereik. Kurt Darren is al lank bedrywig met musiek en van sy grootste drome is bewaarheid. Naas 'n dosyn solo-albums, pryk sy trefferstem ook op vele saamgestelde CD's. Kurt Darren is al vir sewe agtereenvolgende albums besig om die golf van sukses te ondervind, Kurt Darren is van plan om nog vir n baie lang tyd in die bedryf te bly en mense te vermaak met sy musikale talent. Kurt Darren het 'n ongelooflike passie vir musiek, en wil sy Godgegewe gawe met ieder en elk deel.

Van Kurt Darren se top treffers sluit in:

  • hierdie boer soek ‘n vrou
  • dans in Afrikaans
  • mooier as hardlooprugby
  • oos wes tuis bes
  • I Will Always Love You
  • Home
  • I Will Love You All My Life
  • Wonderful Tonight
  • Umbrella
  • Kom Bietjie Hier
  • Tien Uit Tien
  • Kom Huis Toe
  • SOS Help My
  • Wings Of Luv
  • Love Is In The Air
  • All I Need Is You
  • My Facebook Song
  • Kaptein (Span Die Seile)
  • Af En Af
  • Papsopwinterwaternat
  • Voorwaarts Mars
  • Boeretroue
  • Voorwaarts Mars
  • Standing On The Edge
  • Lekker Verjaar
  • Slaap my kind
  • Vat My, Maak My Joune
  • Everybody Loves (South African Girls)
  • Jy´s My Engel
  • Vat Vanaand ´n Kans
  • Sê Net Ja!

Lianie May - Beroemde Afrikaanse Sangeres

LIANIE MAY gaan die wêreld aan die brand sing met haar ongelooflike stem en emosionele interpretasie van splinternuwe Afrikaanse treffers uit die skrywers pen van JOHAN VORSTER, SEAN ELSE (DE LA REY, 68 CHEVY, HABANA!, IS JY BANG (EDEN), EN VELE MEER) en LIANIE MAY wat self 'n paar van die liedjies geskryf het...

Luister uit vir die eerste single van die CD, die hartroerende titel snit, VERGEET MY NIE, wat die hartseer en pyn deel van wanneer 'n mens 'n geliefde verloor. SEAN ELSE (wat DE LE REY se musiek video geskiet het) het 'n roerende video geskiet vir die lied, en sal binnekort op die skerms begin draai. Die res van die CD is gevul met treffers van alle soort, liedjies wat die tone laat wikkel soos BOEREVRY, BEL, BEL, BEL, EK KOM HUIS TOE, liedjies wat die hartsnare roer soos, JY SOEN MY NIE MEER NIE, LOS MY NIE ALLEEN NIE, VROU STAAN BY HAAR MAN, SOMERREËN, selfs liedjies wat dinge van oud onthou soos, TOE 'N TWEE RAND NOG 'N TWEE RAND WAS. Daar is ook twee DOLLY PARTON treffers op wat die mense sal terug neem na 'n ander tyd en plek en natuurlik is daar 'n vuurwarm BELINDA CARLISLE MEDLEY en 'n kragtige treffer van die groep HEART...WILL YOU BE THERE IN THE MORNING.

LIANIE MAY se musiek herinner mens baie aan SHANIA TWAIN en DOLLY PARTON. Dis gevul met pragtige sterk melodie, vleiende harmonie wat gedryf word deur stewige lewendige kitare en instrumente. Dis 'n CD wat jy opsit en deur luister tot die einde...en dan maar weer en weer herhaal!

LIANIE MAY se langverwagte nuwe album is hier en dit beloof om alle verwagtinge te oortref. LIANIE MAY se vorige album was `n wegholsukses en het die Sama-toekenning gewen in die gesogte kategorie TOPVERKOPER VAN DIE JAAR. Die nuwe album volg warm in die voetspore van die country/pop-genre waarin hierdie talentvolle sangeres haar debuut op VERGEET MY NIE (waarvan meer as 120 000 eenhede verkoop is), gemaak het. Die nuwe album is weer propvol liedjies wat besliste treffers gaan wees!

BOEREMEISIE gaan sonder twyfel LIANIE MAY se reputasie as een van die grootste name in Suid-Afrikaanse musiek bevestig!

LIANIE MAY...is hier om te bly!

Van LIANIE MAY se top treffers sluit in:

  • Honey, Honey
  • Die een wat jy wil hê
  • Skooljare
  • Boeremeisie
  • 'n Engel huil
  • Wie nie waag nie...
  • Dans met my baby
  • Staan 'n bietjie nader
  • Die man wat by my staan
  • Pa na jou hart
  • 1,2,3
  • Laat God die wêreld was
  • Boereplaas (duet met Michael Lindt)
  • Sneeuman
  • Geskenk uit Bethlehem
  • Chiquitita
  • Mary's boy child
  • Rivers of Babylon
  • Last Christmas
  • I have a dream
  • Drummer boy
  • When a child is born
  • Stille nag / Silent night
  • Feliz Navidad
  • All I want for Christmas
  • Die goeie oue tyd 
  • Vergeet my nie
  • Los my nie alleen nie
  • Jy soen my nie meer nie
  • Boerevry
  • 'n Vrou staan by haar man
  • Bel, bel, bel!!!
  • Jolene
  • Somerreën
  • Ek kom huistoe
  • Toe 'n twee rand nog 'n twee rand was
  • Will you be there in the morning

Nianell - Beroemde Afrikaanse Sangeres

Nianell graduated with a 3 year diploma in light music from Pretoria Technikon in South Africa and has also studied classical music at Trinity College in London, UK and the University of South Africa.

She has a four-octave vocal range and her songs have been described as including "elements of Folk, Pop, R&B, Country, Classic and even Celtic music". Four of her albums; "Who Painted The Moon?", "Angel Tongue", "Life's Gift", and "I Know I'm Lucky", have reached platinum status in South Africa. In April 2011 she released her first album in the United States.

Nianell has shared a stage with Christina Aguilera, Andrea Bocelli, Westlife, Diana Ross, Shakira, Freshly Ground, and the Grammy Award winning Soweto Gospel Choir. She released a duet album with Dozi and another duet album with Afro-Pop artists Romanz will be released in May 2011

 

Live bands is an entertainment agent and does not personally manage Nianell.

Van Nianell se top treffers sluit in:

  • Who Painted The Moon
  • Die Oomblik is Nou
  • 'n Duisend Drome
  • I Hold The Sun
  • Just For Tonight
  • Magaliesburgse Aandlied
  • Slowly Killing Me
  • Wense
  • Lief My
  • Life's Gift
  • We'll Find A Way
  • Mamma Pappa
  • Until I'm Home

Patricia Lewis - Beroemde Afrikaanse Sangeres

Patricia Lewis was 'n voormalige provinsiale gimnas, Patricia Lewis het as 'n model gewerk, van daar af het sy na tv toe verskuif om te ster in verskeie TV-programme en 'n internasionale flieke met Oliver Reed.

Haar album 'Ek Is Lief Vir Jou' behaal verkope van meer 125 000, wat haar die beste verkoopte vroulike musiek kunstenaar in die geskiedenis van Suid-Afrika maak. 'Wie Sou Jou Kon Liefhê Soos Ek' het goue status bereik op die dag wat dit vrygestel was.

In totaal, het Patricia Lewis meer as 600 000 eenede van verskilende albums verkoop. Sedert die Patricia Lewis, Olivia Newton-John Gold Hits CD bereik goue status, het Patricia Lewis nog twee albums vrygestel: 'n Nuwe Lewe en, mees onlangs. Patricia Lewis was ook die rgiseur van die Supersterre 2 album.

Patricia Lewis was die gasheer vir die SABC2 se werklikheid reeks Blonde Ambisie. Supersterre 2 was uitgesaai op SABC2 in 2006 en die derde seisoen in 2010 uitgesaai.

In 2007 was Patricia Lewis 'n bekende persoon danser in die werklikheid dans kompetisie Strictly Come Dancing 3. Patricia Lewis het gedans met professionele danser Marcel Vilonel en die paar was die derde paar wat uitgeskakel word van die kompetisie. Patricia Lewis se laaste episode op die skou was Episode 4.

Patricia Lewis is al in die vermaaklikheidsbedryf vir baie jare. Sy het 13 skoonheids titels, was 'n gesogte model en het baie e TV-programme aangebied soos; Kahoots, Toyota Top 20, M-Net Summer Festivals, is dit jou keuse, Bang Jan dooie Jan en Haar eerste CD was vrygestel in 1992 en het nie so goed gedoen soos wat sy gehoop het nie, verkoop ± 7000 kopie. Haar tweede album was vrygestel in 1997 en het Dubble Platinum verkoop (110 000 eksemplare) in een jaar. Sedertdien het Patricia Lewis velle meer CD's vrygestel.

Wie Sou Jou Kon Liefhe Soos Ek bereik goue status op die dag van vrylating. Ontvang provinsiale kleure in gimnastiek vir vyf jaar in 'n ry. In totaal is verkoop van meer as 500 000 kopiee van haar verskillende albums. Patricia Lewis se album Ek Is Lief Vir Jou behaal verkope van 125 000, die beste verkope deur 'n vroulike kunstenaar in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Van Patricia Lewis se Afrikaanse en engelse treffers sluit in:

  • EK HET AMPER KOPSEER (BLONDE AMBISIE)
  • HONEY HONEY BUN BUN
  • I FOUND MY SOUL
  • GIVE ME BACK MY LOVE
  • HOP-SA-SA-DEI
  • DANGEROUS NIGHT
  • TUINE VAN MY SIEL
  • DIS NOU OF NOOIT
  • JY, JY, JY...
  • I'VE DREAMED OF DAYS LIKE THIS
  • NEVER LET IT GO
  • ISLAND MEDLEY: BACK TO THE ISLAND/DAAR KOM DIE ALIBAMA
  • N NUWE LEWE
  • MEDLEY BLUE: BABY MAKES HER BLUE JEANS TALK/KENTUCKY BLUES/MAMMY BLUE
  • THERE'S A SMILE
  • JY IS MY LIEFLING
  • BANG JAN, DOOIE JAN

Pieter Koen - Beroemde Afrikaanse Sanger

Pieter Koen was born and grew up in Standerton. He sang with the Drakensberg Boys Choir for a few years and matriculated at Standerton High School. He completed his National service in Bloemfontein and studied at Technikon Pretoria. While studying, he started working at a community radio station where his voice became familiar on local airwaves for many years. Later he became the presenter of an art programme, Kunskafee, and in 2003 started presenting the ever-popular magazine programme Kwêla on KykNET.
Pieter Koen released his first album in 1997 and marketed and distributed the album himself. In 2002 he recorded Amper ’n Bloubul for the Blue Bulls rugby album and As Jy Horings Dra and later, Who Let The Boks Out?

In 2004 he recorded his next solo album, Skud Jou Biscuit after EMI offered him a recording contract.

 

Van Pieter Koen se top treffers sluit in:

  • Man Van Staal
  • Op Jou Spoor
  • Tattoo
  • Haak 'n Bietjie Uit
  • 3 Susters Van Drie Susters
  • Ek's Nie Mooi Nie
  • By Die Huis

Ray Dylan - Beroemde Afrikaanse Sanger

Ray Dylan is al sedert 2002 een van Suid-Afrika se mees geliefde sangers met sy debuutalbum 'New Kid in Town'. Sedertdien het Ray Dylan al verskeie hoogtepunte beleef, onder andere duette saam met Nicholis Louwen Karen Zoid.

Ray Dylan is 'n volronde kunstenaar geseën met een van die beste stemme in Suid-Afrikaanse musiek - 'n veelsydige kunstenaar met energieke optrede wat die elektriese kitaar laat kreun. Met polsende ritmeplukkers en sielstrelende ballades bied Ray Dylan se albums wydtreffende musiek.

Ray Dylan het begin deur gigs in pubs en klubs te speel en vandag spog hy met 'n rits Afrikaanse treffers, onder andere Wys my hoe; Soek jou Hier, Soek jou Daar; Hokaai Stoppie Lorrie; Dis Verby; Hier binne klop 'n Boerehart; Breek die Ys en Jessica.

Ray Dylan is gebore Jacobus Frederik Jersich op 15 Augustus 1978 te Odendaalsrus. Vandag woon hy in die Vrystaatse dorpie Parys.

Van Ray Dylan se top treffers sluit in:

  • Hoe Kan Ek Weet
  • Breek Die Ys
  • Jy Maak My Mal
  • Hier's Ons Nou
  • Ons Soek Net Country
  • Wanneer Laas
  • To All The Girls I've Loved Before
  • Verskoning
  • Kom Terug
  • 7 Dae 7 Nagte
  • Wat Van Nou
  • Ek Het Jou Nodig
  • Live On
  • Asemloos
  • Kry Jou Ry
  • Die Meisies
  • Dit Is Myne
  • Major Tom
  • Jessica
  • Here I Am
  • Why Don't You Spend The Night
  • Heart
  • Folsom Prison Blues
  • My Special Prayer
  • Lucille
  • Islands In The Stream
  • From A Jack To A King
  • Cry To Me
  • Help Me Make It Through The Night
  • Distant Drums
  • Wasted Days And Wasted Nights
  • Put Your Hand In The Hand
  • Patches
  • Blue Eyes Crying In The Rain
  • Rocky

Robbie Wessels - Beroemde Afrikaanse Sanger

 

Robbie Wessels is 'n Vrystater gebore, maar ná 'n paar jaar in die Kaap is hy Pretoria toe om drama te studeer. Later het Robbie Wessels bekend geword as die karakter Poena in die gewilde TV-reeks Gauteng-alêng-alêng en in 2002 en toe weer in 2005 verras Robbie Wessels met sy talent as sanger en liedjieskrywer met die album 'My Vissermanvriend se Pa'. Van die treffers op die album is 'Hou Vas Jou Matras', 'Waar Lê Jy Vanaand?' en 'Verbode Vrugte'. Die album het meer as 120 000 eenhede verkoop.
Robbie Wessels word in 2005 by die Huisgenoot Tempo-toekennings as die gunsteling nuweling aangewys en in 2006 word Robbie Wessels se tweede album, Halley se Komeet, by die KKNK vrygestel. Die reuse trefferliedjie 'Leeuloop' word deur Vodacom gebruik vir hul advertensieveldtog en skielik weet die hele land wie Robbie Wessels is.

'Poena is Koning', 'n trefferfliek met Robbie Wessels in die hoofrol, word in 2007 vrygestel en is 'n reuse sukses by die kaartjiekantoor.

Ná 'n lang wag is Robbie Wessels se derde album, Afrika Sonsak, eindelik in Julie 2009 op die rakke. Dit bewys weer Robbie Wessels se talent as sanger en liedjieskrywer asook sy ongelooflike vermoë om aan die een kant liedjies te skryf wat jou diep raak en aan die ander kant liedjies te skryf wat jou laat skater van die lag.

"Ek is 'n rustige ou wat lief is vir my land, my familie en 'n glasie rooiwyn so nou en dan," sê Robbie Wessels. "Afrikaanse musiek is nog een van my liefdes en ek hoop dat ek 'n bydrae kan lewer. Dit is 'n plesier om vir die land en sy mense op te tree."
Robbie Wessels is op 30 Oktober 1980 gebore en het op 'n plaas, Hamiltonsrus, in die Kroonstad-distrik grootgeword. Robbie Wessels pa het met mielies, koring, aartappels en wild geboer. Robbie Wessels was aanvanklik op Sentrale Volkskool in Kroonstad op skool. "Ek het selfs op 'n keer vir ses maande kitaarles geneem, maar het later besluit om eerder rugby te speel. Dit is mos wat 'n boerseun moet doen," sê Robbie Wessels. Op laerskool het hy begin toneel speel. "My eerste drama juffrou was Hannelie Muller en sy het my gedigte en prosa geleer en ek het in al haar skoolkonserte gespeel."

Op Hoërskool Kroonstad kry Robbie Wessels die inspirasie van menige van die liedjies wat hy later sou skryf. "Ek het daar verstand gekry en dit is die mense wat ek die beste ken," sê hy. "Een van die liedjies, Hou Vas Jou Matras, gaan juis oor my koshuisvriend Henno de Vos."
In 1997 verkoop Robbie Wessels se ouers die plaas en trek hulle Kaap toe waar Robbie Wessels in 1998 matriek slaag. Hy het drama aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie studeer en sy eerste professionele rol was in die radiodrama Blinkwater. Robbie Wessels was later ook te sien in Hart van Staal, 7de Laan en Isidingo.
Van Robbie Wessels se top treffers sluit in:

  • Afrika Sonsak
  • Player 23
  • Liewe Ouers
  • Is jy vry?
  • Dis Verby
  • Sien in die Hemel
  • jy
  • Asseblief my lief
  • Hartswater
  • Skinnidip
  • Leeuloop
  • Aan jou van my
  • Staan terug vir die manne in wit
  • Sewe Velle
  • Die man in die parkie
  • Waar le jy vanaand
  • Hou vas jou matras
  • Prop
  • Verbode Vrugte
  • Reënboognooi
  • John West
  • Bones

Snotkop - Beroemde Afrikaanse Sanger

Meer as 35 duisend albums al verkoop, 3 MK89 Musiek Toekennings, Vier nommer een treffers, drie Huisgenoot Tempo toekenning nominasies, 'n VONK Toekenning, 2 SAMA nomiasies vir beste Afr DVD en beste Afrikaanse Pop Album. Snotkop se eie, baie populere program op MK 89 genaamd 'Petrolkop' en vol gepakte sale by al sy live shows! Snotkop is die nuwe Pop-Rock sensasie wat die land behoorlik aan die ROCK het!

Snotkop, of te wel Francois Henning, maak groot golwe met sy Afrikaanse albums wat die jeug en die jong van hart aanspoor om op te staan vir hulle regte, te glo in hulle individualiteit en om te paartie dat die uile huil en is baie passievol om sy boodskap oor te dra aan Suid Afrika se jeug van die GOOT GEVARE van DWELMS.

Gebore en groot geword in Johannesburg, Randburg, het Snotkop vinnig sy passie vir musiek ontdek en het reeds op die ouderdom van 10 begin om 'Demo kasette' op te neem en na plaatemaatskappye te stuur. Niks kon Snotkop keer nie en het op 19 sy eerste Plate kontrak losgeslaan by een van die land se top plate matskappye 'GALLO', as SA se eerste Sotho sprekende Kwaito ster 'Lekgoa'. Lekgoa het Afrika en die res van die wereld laat regop sit. Vier jaar later het Snotkop besluit om in sy moedertaal te sing, oor dinge wat die jeug raak, en so is Snotkop gebore.

'Ek het geskryf oor dinge wat ek nog altyd wou, ek het die songs gebruik om te praat oor dinge wat ons jeug raak, dinge wat seermaak, kwaad maak, gelukkig maak, dinge wat meeste mense te bang is om te sê. Daar is ook 'n baie fun en sexy element in die album, so half tong-in-die-kies, oor verhoudings, gesag en situasies wat 'n direkte impak het op my generasie. Snotkop het hierdie album gebruik om dinge te sê soos dit is…op my manier…"

Die eerste snit van Snotkop se album 'Loslap' is 'n opwindende remake van die welbekende 'Loslappie' wat 'n woeste 'twist' bygekry het, hierdie snit se video het dadelik na die nommer een plek geskiet op MK 89 se top 6@6, was Nr 1 op verskeie trefferlyste reg oor die land en is een van die videos op MK89 se DVD. Snotkop se raunchy, tweede snit en musiek video getiteld 'Vrydagaand' het ook Nr 1 behaal op verskeie radio stasies en is ook te vinde op 'n 5 kompilasie CD's. Snotkop se derde snit van die album 'Ek Wens' se musiek video is een van die land se mees opwindendste videos nog ooit, met regie deur Sean Else en stilering deur supermodel Christina Storm, het hierdie span 'n asemrowende video geskep. 'Ek Wens' het ook onlangs Nr 1 geslaan op die MK89 Top 10.

Snotkop is ook die aanbieder van die baie gewilde program 'Petrolkop' op MK89. Hierdie program is 'n kobinasie van bekendes en vinnige karre. Sterre soos Fokofpolisiekar, Kurt Darren, The Narrow en Chris Chameleon moes elk hul kragte in 'n 'supercharged' Mini Cooper S op 'n professionele resiesbaan insnoer en met Snotkop gesels or hulle ervaringe, loopbane en geheime.

Snotkop het ook 'n baie opwindende webwerf wat om en by 200 besoekers per dag ontvang, daar is heerlike kompetisies vir aanhangers soos die 'Cherrie van die Maand' en 'n afdeling waar jong mense foto's kan instuur van interessante plekke waar hulle gebruik gemaak het van sy stencil en 'n blikkie spuitverf, die stencil met Snotkop se logo is beskikbaar in die omslag van sy 1ste CD.

Hierdie 15-snit album uitgereik deur NEXT MUSIC is beslis nie 'n versameling van rustige liefdesliedjies nie, maar verras eerder met 14 opwindende snitte. Die CD open met die snit 'Juffrou Gouws' 'n tipiese klaskamer toneel tussen aktriese Lizz Meiring en Snotkop wat dan ontplof in 'n reeks energie belaaide liedjies. Met titels soos 'Veg vir jou reg', 'Ek wens', 'My Sarie my Lê', 'Song vir jou' en die slim 'Vrotappel' wat eers baie rustig begin met 'n mooi tjello inleiding en dan los bars in 'n Rock proteslied waarin 'Gaudi Amus Igitur' subtiel ingewerk is sal hierdie album beslis in meeste jong mense se CD versamelings te vinde wees.

Snotkop is geen nuweling tot die vermaaklikheidswêreld nie en het al 3 albums agter sy naam as die bekende, Sotho sprekende kwaito ster 'Lekgoa'. Hy was ook al vir beide 'Sama' en 'Kora All Africa' toekennings genomineer. Snotkop het ook al 'n groot impak gemaak op gehore in Frankryk en London en daar was verskeie internasionale dokumentêre programme verfilm oor die unieke kunstenaar se lewe.

Snotkop was al te siene op meeste van Suid-Afrika se musiek programme en het ook in 2003 vir 'n jaar lank die rol vertolk van 'Nicholis' op SABC1 se populêre sepie 'Generations' en in 2004 'Paul' in 'Sewende Laan' vir 'n jaar lank. Snotkop was ook een van die kunstenaars wat opgetree het by die 2002 Krieket Wêreld Beker opening seremonie wat reg oor die wêreld uitgesaai was.

Snotkop is een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars met 'Sexy Street Cred' en energie wat skrik vir niks. Snotkop se lewendige optredes is 'n belewenis, met 'n vier stuk band en ongelooflike vertonings, is dit geen wonder dat hulle sale propvol met skreeuende aanhangers reg oor die land pak nie! Die Snotkop 'Spring Lewendig' DVD is ook nou beskikbaar en is sekerlik een van die mees opwindendste DVD's tans in Suid Afrika en het sopas 'n SAMA nominasie ontvang VIR BESTE Afrikaanse DVD. Snotkop se tweede alum 'So damn sexy' is pas vrygestel en het al 10 000 kopieë verkoop in die eerste twee weke van vrystelling!

Van Snotkop se top treffers sluit in:

  • Juffrou Gouws
  • Ons gaan dit nie meer vat nie
  • Vrydagaand
  • Loslap
  • Net Soos jy
  • Nog 'n kaans
  • Vrotappel
  • My Sarie my le
  • Ek Wens
  • Ek laaik jou baby
  • Veg vir jou reg

Steve Hofmeyr - Beroemde Afrikaanse Sanger

Steve Hofmeyr se musiekloopbaan het reeds vroeg in sy lewe begin: hy het as jong seun in die kerkkoor gesing en reeds op 11-jarige ouderdom begin om musiek te skryf.

In 1997 tree Steve Hofmeyr tot die internasionale musiekarena toe met die duet 'You Don’t Bring Me Flowers' wat hy saam met die Belgiese superster Dana Winner vir Steve Hofmeyr se album 'True to You' opgeneem het. Hierdie snit is ook in Vlaams opgeneem en het die nommertwee-posisie in die Belgiese "Top 100" behaal. Alle kaartjies vir Dana en Steve Hofmeyr se gesamentlike optredes op die verhoog in België en Suid-Afrika was uitverkoop. Een van Steve Hofmeyr se eie liedjies was ook 'n treffer vir Dana in Europa.

Steve Hofmeyr het in 2001 deur Suid-Afrika getoer met 'Beautiful Noise' wat die lewe en musiek van Neil Diamond uitbeeld. Steve Hofmeyr het in dié jaar ook sy DVD met dieselfde titel uitgereik. Die toer was 'n groot sukses met 224 konserte waarvan alle kaartjies uitverkoop was. Van die liedjies wat Steve Hofmeyr self geskryf het, is 150 reeds deur Suid-Afrikaanse en internasionale kunstenaars opgeneem.

Van Steve Hofmeyr se top treffers sluit in:

  • Pampoen
  • Diefie Duifie
  • Beautiful Noise
  • The story of my life
  • Die BlouBul
  • Agter Elke Man
  • Girl, You'll be a woman soon
  • Ek Weet, Jy Weet
  • Ou Kraalliedjie
  • I got the feelin
  • I need Someone
  • Amazing Grace
  • 4x4
  • Master Jack
  • Stilte Rivierstroom
  • Why Me?

Theuns Jordaan - Beroemde Afrikaanse Sanger

Theuns Jordaan is op 10 Januarie 1971 gebore en het grootgeword op hul familieplaas naby Venterstad. Musiek was so sinoniem aan die Jordaan-huishouding soos wat skape aan die Karoo is. Soos alle goeie venootskappe het Theuns Jordaan se ouers 'n 50/50 aandeel in sy liefde vir musiek en tale gehad. Die saadjie was geplant en in Theuns Jordaan se matriekjaar aan die Hoër Volkskool Graaff-Reinet het Theuns Jordaan sy tokse met 'n kitaar begin deel. Soos menige jong manne van sy generasie het Theuns Jordaan aangemeld vir Weermagopleiding in Oudtshoorn. Hier het Theuns Jordaan twee ontdekkings gemaak. Dat deursettingsvermoeë sukses voorafgaan en meer belangrik - dat hy kan sing!

Op Stellenbosch het Theuns Jordaan in Bedryfsielkunde gaan studeer. Soos die lewe nou maar werk het alle groot dinge 'n klein begin en Theuns Jordaans het op 21 Oktober 1992 sy eerste buiging by Upstairs in Stellenbosch gemaak. Die woord was uit en hierna het Theuns Jordaan gereeld by, onder andere, The Terrace opgetree. Vir dié student was dit laat nagte in restaurante en 'n loopbaan het begin in sy koshuiskamer by Majuba manskoshuis. Dit was onafwendbaar dat Theuns Jordaan hier in Stellenbosch, soos Koos Kombuis en Valiant Swart, 'n nuutgevonde passie Afrikaans, soos dit in die volksmond gepraat word, ontdek het. Theuns Jordaan begin luister na Afrikaanse musiek soos Koos du Plessis, Anton Goosen en David Kramer. Dit was nie lank nie of Theuns Jordaan het pen op papier gewaag. Die resultaat was 5 snitte op sy debuutalbum, Vreemde Stad.

Theuns Jordaan was na Universiteit vir 'n jaar entrepeneur en twee jaar later in Oktober 1998 veruil hy die Boland vir Pretoria, Vreemde Stad! Binne 'n jaar het Theuns Jordaan die Jakarandastad aan sy voete gehad. Een van sy aanhangers, met 'n terugblik dalk die belangrikste een (Johan Bakkes), sien Theuns Jordaan se potensiaal raak. 'n Boer maak 'n plan en sy debuut CD, Vreemde Stad, word op Stellenbosch opgeneem. Theuns Jordaan se debuutalbum word by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2000 vrygestel en was die oproer van die kunstefees. Onder die vaandel van EMI Musiek is Vreemde Stad vrygestel. Die eindresultaat was meer stem en beter klank en 'n CD wat reg laat geskied aan Theuns Jordaan se stem en unieke styl. Theuns Jordaan se debuut-album, "Vreemde Stad" , het in Julie 2003 die Trippel Platinum kerf verbygesteek en is dig by die 190 000 (TRIPPEL PLATINUM) eenhede merk.

Theuns Jordaan se tweede album, "Tjailatyd" is op Aardklop 2002 geloods en volg vinnig in die suksesvolle spore van "Vreemde Stad" met ook meer as 190 000 (TRIPPEL PLATINUM) eenhede verkoop. Die bekende kitaarspeler, Anton L'Amour, tree saam met Theuns Jordaan op, en verleen 'n nuwe dimensie aan sy vertonings. Anton was verantwoordelik vir al die kitaarwerk op "Vreemde Stad" sowel as "Tjailatyd". "Tjailatyd" bevat ses selfgekomponeerde snitte sowel as vertolkings van klassieke Afrikaanse liedjies.
In November 2005, op Hoërskool Waterkloof se rugbyveld stel Theuns Jordaan sy derde album bekend “Seisoen” wat 5 van sy eie gekomponeerde snitte bevat waarvan Anton L’Amour weer die regiseur is en verantwoordelik is al die kitaarwerk op die album. Die cd het reeds die 100 000 verkope merk behaal. Met slegs drie albums staan Theuns digby die 500 000 verkope merk, ‘n mylpaal wat nog nie deur ‘n Afrikaanse sanger behaal is nie.

In 2006 besluit Theuns Jordaan om een van sy grootste drome te bewaar deur sy eie platemaatskappy te stig : Theuns Jordaan Productions. Theuns Jordaan neem ook ‘n nuweling, Bobby van Jaarsveld, onder sy vlerk. Duisend ure is Bobby van Jaarsveld se debuutalbum. Die album word herverpak en ook die stemme op die album word oorgedoen by die Coleskes Artists wat ook vir die verspreiding van die album verantwoordelik is. Op die album word daar ‘n nuwe liedjie opgeneem, Waar is jy. Duisend ure, word ook heropgeneem en Anton L’Amour is weer regiseur en doen ook die kitaarwerk op die album.
Na vele oorwegings in die nuwe jaar met nuwe mikpunte besluit Theuns Jordaan om hierdie 7 platinumjare saam te vat en die gehore se gunsteling liedjies saam te stel op "Grootste Treffers 2000 – 2007". Hierdie album was vrygestel in Maart 2007 met ‘n nuwe weergawe van “Hakieshart” eerste keer opgeneem op ‘Vreemdestad” en ook een van Riku Lätti se liedjies Pakpoort,  wat ‘n gunsteling is onder sy gehore reg oor die land. In tipiese Theuns Jordaan tradisie is 'n medley/Laslappie op die album ingesluit wat die voete laat jeuk en luisteraars lekker laat saam sing.

Van Theuns Jordaan se top treffers sluit in:

  • Soos Bloed
  • Jou Asem
  • Hakieshart
  • Namibsroos
  • Hanne
  • Beautiful in Beaufort-Wes
  • Skipskop
  • Hillbrow
  • Pakpoort
  • Sonvanger
  • Vreemde Stad
  • Buitekant
  • Visserman
  • Tjailatyd
  • Bietjie van my
  • Laslappie
  • Bring jou hart

  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden